Hoërskool Nelspruit gaan met deernisvolle omsigtigheid om met elke kosbare kind wat deur ouers aan ons toevertrou word. Dit is inderdaad ’n voorreg om elke leerder se potensiaal deur middel van ’n toepaslik opgeleide en passievolle personeel-korps, moderne en goed-toegeruste fasiliteite, asook ’n weldeurdagte plan vir môre, na die beste van ons menslike vermoë te ontgin.
’n Beginselvaste, gelowige en doelgerigte jongmens wat die eise van die moderne samelewing vierkantig in die oë kan kyk en met onderskeiding kan hanteer, is ons visie. Elkeen wat die reguit pad met integriteit bewandel en sinvol van dit wat NHS hom/haar bied, gebruik maak, sal uiteindelik die palmtak met trots kan dra.
Een van die studiegebiede is analise. Hulpbronontleders, Weddery-webwerwe en sake-ontleders in die algemeen is’n belangrike en moderne beroep. Ons fokus op die onderrig van moderne tendense in onderwys vir toekomstige universiteitstudente.