Wintersportspanne is tops in Mpumalanga

Wintersportspanne is tops in Mpumalanga

Hoërskool Nelspruit het onlangs die Mpumalanga-liga op ‘n hoë noot afgesluit.
Die dogtershokkie se semifinale en finale wedstryde is tuis sowel as by Curro Nelspruit aangebied. Die o/14’s sowel as die eerste span het hulself goed van hul taak gekwyt om as Mpumalanga-wenners huis toe te gaan en so ook met die tweede span wat die beker met Ermelo deel. Die o/15’s sowel as o/16’s het tweede in die liga geëindig.


NHS se seunshokkiespanne kon almal in onder die top drie in Mpumalanga eindig. Die o/14A seuns het eerste geëindig terwyl die o/16A’s sowel as die eerste span onderskeidelik derde in die provinsie lê.


Op die netbalbaan het NHS beide in die A- en B-liga’s oorheers. In die A-liga tree die o/16-dogters uit as kampioene, terwyl die o/15’s, o/17’s en o/18’s tweede eindig en die o/14’s derde. In die B-liga is die o/14’s, o/16’s en o/17’s die provinsiale wenners. Die o/15 B-span is tweede en die o/18 B’s derde.


In die rugby se Mpumalanga-makro skole Virseker Beker tree die eerste span, o/14A’s en o/16A’s uit as wenners.