Wintersport skop af teen HTSM

Wintersport skop af teen HTSM

Die wintersportspanne van Hoërskool Nelspruit het op 7 Maart teen Hoër Tegniese Skool Middelburg kragte gemeet in die eerste ronde van die Tuks-Skolereeks wat op NHS se tuisveld plaasgevind het.

Dit was ‘n groot hoogtepunt toe daar vir die eerste keer op die skool se splinternuwe Astro-hokkiebaan gekompeteer is.  NHS se dogtershokkiespanne het uithalervertonings gelewer deur sewe wedstryde oortuigend te wen, terwyl een wedstryd se telling gelykop geëindig het. Die eerste dogterspan het hul opponent met ‘n telling van 4-1 gestuit, terwyl die o/14A, o/15A en o/16A-spanne met drie doele gewen het. Die tweedespan kan ook met reg trots wees op hul oorwinning van 7-0.

Die seunshokkiespanne het ook nie terleurgestel nie en drie uit vier spanne is as die wenners aangewys. Die wedstryd tussen die twee skole se eerstespanne was deur aggressiewe spel gekenmerk en NHS kon daarin slaag om die enigste doel van die wedstryd aan te teken.

Dit was ook ‘n klipharde stryd op die netbalbane en hoewel HTSM gedugte teenstanders was kon NHS daarin slaag om sewe uit die 11 wedstryde in te palm.

NHS se rugbyspanne het in vyf wedstryde oorwinnings behaal. Hoewel die Rhinos XV uiteindelik 22-25 teen HTSM se Rooibulle vasgeval het, het hulle nooit moed opgegee nie en het die kragmeting in goeie gees plaasgevind.

Joao Cristovam. Foto: Johan Orton.

Die Nellies is vandag weer terug op die oefenveld ter voorbereiding vir komende Vrydag en Saterdag se wedstryde teen Hoërskool Klerksdorp.

NHS spreek ook ons opregte dank en waardering uit teenoor die span van ACDC wat as borg van die dag ingestaan het.

 

Volledige uitslae: