Werke van Laeveldse kunstenaars pronk by NHS

Werke van Laeveldse kunstenaars pronk by NHS

June 9, 2017
|

Die beeldhouwerk van plaaslike kunstenaar Arend Eloff pronk nou buite die nuut geboude kultuur- en veeldoelsentrum in die vorm van ‘n prag swartwitpens (sinoniem met NHS se wapen) wat deur die matriekgroep van 1983 onder leiding van mnr. Piet van Dyk geskenk is.

In die agtergrond is ‘n gedeelte van die gebou met die keramiekklip-kunswerk deur oud-Nellie kunstenaar Anton Bosch. Dit simboliseer die verskillende fasette van NHS en onder andere die voorstelling van ‘n palmtak wat sentraal staan soos in ons leuse, Palmam Qui Meruit Ferat en dus verwys na die Nellie wat dit waardig is om die palmtak te dra.

Wat dit so spesiaal maak is dat sy seun Sias Bosch, ook ‘n oud-Nellie as deel van die argitektuur-span van Gerhard Jooste die gebou ontwerp het.