Wehan wen toekenning vir taalgebruik

Wehan wen toekenning vir taalgebruik

August 14, 2017
|

Van NHS se redenaars en debatspanne het 11-12 Augustus aan die gesogte nasionale finaal by ATKV-Goudini Spa naby Worcester deelgeneem. Baie geluk aan Wehan Viljoen wat die toekenning vir die beste taalgebruiker in die senior debatsafdeling gewen het en albei debatspanne wat hul onderskeie debatte gewen het. Daar sal eers later bekendgemaak word of die skool onder die top 10 debatspanne eindig.