Waterkloof Atletiek

Waterkloof Atletiek

February 1, 2016
|

NHS se atlete staan sterk op Pilditch !

          11

H/S Waterkloof se prestige byeenkoms wat Vrydag 29 Januarie in die bekende Pilditch-stadion te Pretoria plaasgevind het, sal gewis deur die talle Laevelders (atlete, afrigters, ouers en oudleerlinge) wat daar was, nie sommer vergeet word nie ! Die kompetisie was kliphard, en die omvang van die byeenkoms (daar was 10 skole ) het ‘n podiumplek (eerste drie plekke) baie gesog gemaak. Tog het die Nellies (veral die seuns) item vir item gewys dat hulle geensins vir die room van Waterkloof, Hugenote (Springs), Potch Gimnasium, Paarl Gimnasium, Paarl Girls High, Transvalia, DF Malan, Windhoek en Kemptonpark , hoef terug te staan nie.

NHS het nie minder nie as 12 eersteplekke verower – ‘n groot prestasie ! Bo-aan die lys van goue medalje-wenners, troon die naam van Joshua Maass uit. Joshua (seuns 16) het in DRIE  items koning gekraai, nl. hoogspring (1,75m), verspring (6,27m) en spiesgooi (61,65m). Werner Bouwer (s.19) is ook steeds vanjaar onoorwonne, nadat  hy die 800g-spies op ‘n stewige 62,80m laat grondvat het. Chyle van Zyl (s.15) was eerste in gewigstoot (15,45m), terwyl Stefan Smit (s.16) gewys het dat hy die oorskakeling na die 1,5kg-werpskyf, onder die knie begin kry. Sy wenafstand van 48,39m sou hom selfs in die onder 17-afdeling, ‘n medalje besorg het. Joao Christovam (s.17) wen die verspring met ‘n wensprong van 6,26m, terwyl KP de Jager vir ‘n groot opskudding sorg, deur ‘n hele paar sterk manne in die gewigstoot vir seuns 19, op hul neuse te  laat kyk. KP se 13,49m was goed genoeg om ook aan hom, goud te besorg. Nog ‘n gr.10-atleet wat vanjaar kookwater is, is Wian Otto. Hy wen die gewigstoot (s.16) met ‘n baie goeie poging van 14,97m.

Onder die meisies, was drie Nellies aan die wenkant. Carli Killian slaag in hoogspring (m.15) op ‘n uitstekende 1,55m, terwyl Biance van Vuuren se 1,50m (m.19) ook aan haar ‘n eersteplek besorg het. Mia Erasmus (m.17) kan met reg baie trots wees op haar sege in die 1500m (5:08.69).

Die volgende Nellies spog met tweedeplekke:

Nerina Visser (m.17):  400m hekkies – 68.67 sek.
Ilke Joubert (m.17): hoogspring – 1,40m, ook gewigstoot – 12,57m
Megan Nel (m.15): driesprong – 10,08m
Jaytee Boers (s.15): 400m – 54.99 sek., ook verspring – 5,55m
Ruan Labuschagne (s.16): 400m hekkies – 58.38 sek.
Charlie Naude (s.16): 3000m s.17 – 10:06.94
Stefan Smit (s.16): spiesgooi – 57,75m
Tebogo Masema (s.16): verspring – 6,24m, ook driesprong s.17 – 12,87m
De Villiers Basson (s.17): 800m – 2:00.79 (teenoor die wenner se 2:00.78 !)
Duvan van Duyker (s.17): 400m hekkies – 57.30 sek.
Stephan vd Bank (s.17): spiesgooi – 62,42m, ook gewigstoot – 15,49m
Naas Marais (s.17): skyfwerp – 48,90m
Francois Esselen (s.19): skyfwerp – 41,01m, ook gewigstoot – 12,67m
Marnus Kruger (s.19): 110m hekkies – 15.27 sek.
Leon Pienaar (s.19): 400m – 50.87 sek., ook 400m hekkies – 57.84 sek.
Mia Erasmus (m.17): 800m – 2:25.35
Carmen Cronje (m.19): verspring – 5,11m

Brons medaljes (derdeplekke) is verwerf deur:

Cherise van Duyker (m.15): 300m hekkies – 48.30 sek.
Nicola Cronje (m.15): 200m – 27.28 sek., ook 800m – 2:25.94
Jessica Berry (m.15): 1500m – 5:08.71
Marne van Aarde (m.16): gewigstoot – 11,57m
Nerina Visser (m.17): 100m hekkies – 16.14 sek.
Jeane Joubert (m.15): 3000m m.17 – 11:59.81
Inge J. van Vuuren (m.17): hoogspring – 1,40m
Carmen Cronje (m.19): 100m hekkies – 16.16 sek.
Anthea Lees (m.19): 3000m – 12:23.85
Devon Nell (s.15): 100m hekkies – 14.50 sek., ook 300m hekkies – 42.08 sek.
Anton van Eijk (s.15): verspring – 5,38m
Ben Strydom (s.16): 200m – 24.16 sek.
Tertius Mentz (s.16): 800m – 2:01.95
Rainer Spruyt (s.16): 400m hekkies – 61.20 sek.
Estian Schroeder (s.16): gewigstoot – 13,21m
Xander Rutherford (s.14): gewigstoot – 12,81m
Henrique de Lange (s.17): 3000m – 10:09.24
Marius Slabbert (s.17): hoogspring – 1,75m
Meli Mazibuko (s.17): driesprong – 12,50m
Henco Pieters (s.17): skyfwerp – 45,41m
Bartlo Nel (s.19): verspring – 6,36m
Francois Esselen (s.19): spiesgooi – 49,05m
Justin Smit (s.19): 800m – 1:58.10
Ruan Maass (s.19): skyfwerp – 39,70m

Nog ‘n paar vertonings wat beslis vermelding verdien, sluit in :

Cherise van Duyker (m.15): 90m hekkies – 14.93 sek.
Nicola Cronje (m.15): 400m – 61.72 sek.
Megan Nel (m.15): verspring – 4,76m
Thembi Cossa (m.16): 800m – 2:30.48
Linmari Potgieter (m.16): hoogspring – 1,45m
Ilke Joubert (m.17): skyfwerp – 29,94m
Carmen Cronje (m.19): 400m hekkies – 69.70 sek.
Andreas van Heerden (s.15): 1500m – 4:40.02
Chyle van Zyl (s.15): skyfwerp – 43,08m, ook spiesgooi – 49,01m
Tertius Mentz (s.16): 1500m – 4:18.40
Rainer Spruyt (s.16): 800m – 2:05.37, ook 1500m – 4:28.46
Charlie Naude (s.16): 1500m – 4:30.40
Wian Otto (s.16): skyfwerp – 40,19m
Xander Rutherford (s.14): skyfwerp – 37,59m
De Villiers Basson (s.17): 400m – 52.77 sek.
Duvan van Duyker (s.17): 110m hekkies – 15.48 sek.
Wium Barnard (s.17): gewigstoot – 13,84m
Justin Smit (s.19): 400m – 52.47 sek.

Die gr.8-atlete wat weens die groentjiekonsert-verpligtinge, nie hierdie byeenkoms kon meemaak nie, kry eerskomende Saterdag (6 Februarie) kans om hul slag te toon, wanneer die A-span weer in Pretoria gaan deelneem, en wel by H/S Menlopark, waar talle van die land se sterkste atletiekskole, in aksie sal wees. Die B-span kry ook weer ‘n geleentheid, wanneer hulle op Barberton aan ‘n groot byeenkoms gaan deelneem. Sterkte aan ons atlete en hul afrigters !

12   10

9      8

7    6

4    2

 

3