SWEM : Mpu spanne

SWEM : Mpu spanne

June 1, 2016
|

Nellies se swemmers vaar puik

 

AZ2A7307edit

 Skye Munro, Liza Marie Drummond, Jeanne Joubert

 

Swemmers van Hoërskool Nelspruit het die skool met trots by die Suid-Afrikaanse Skole Swemkampioenskappe verteenwoordig.

Liza Marie Drummond, Giano dos Santos en Tayla Kotzee het uitsonderlik presteer en het goue medaljes in onderskeidelik die 100m vryslag, 200m wisselslag en 50m rugslag ingepalm.  Liza Marie het ook twee bronsmedaljes in die 50m borsslag en 50m vryslag losgeswem, terwyl Giano ‘n tweede plek in die 100m rugslag en derde plek in die 200m rugslag behaal het.

Nog twee bronsmedaljes is deur Jeanne Joubert (100m vryslag) en Skye Munro (100m vryslag aflos) verower.

Elkeen van NHS se swemmers het ‘n plek onder die top tien van hul item behaal en gesamentlik gesorg vir van die skool se beste swemprestasie nog.

 

Ander uitslae:

Liza Marie Drummond:

Vyfde 50m vlinderslag

 

Tayla Kotzee:

Vierde 50m vlinderslag en 100m rugslag

Sesde 50m vryslag

 

Robbie Drummond:

Sewende 100m en 200m vryslag

Sesde 50m rugslag

 

Dylin Mulder:

Vyfde 100m borsslag

 

Jeanne Joubert:

Sewende 50m vlinderslag

 

Skye Munro:

Vyfde 100m rugslag en 50m vlinderslag

 

Jetro Piso:

Vierde 100m en 200m vryslag

Sesde 50m vlinderslag