Voorkoms

Kleredrag en voorkoms

 

Skooldrag:  Meisies
Groen skooluniform
Wit bloes (langmou wit hemp met das mag gedurende wintermaande gedra word)
Wit sokkies (lang swart kouse mag gedurende wintermaande gedra word)
Swart skoolskoene (nie sandale nie)
Swart skooltrui of kakiekleurige windbreker met skoolwapen.
Kleurbaadjie (opsioneel)
Tydens skoolfunksies mag Gr 11 en 12-leerlinge seniordrag dra.  (Swart romp met ’n geel bloes en swart skoene)

 

Skooldrag:  Seuns
Kakiekleurige kortbroek
Kakiehemp met skoolwapen op die sak
Kakiekleurige skoolkouse
Swart skooltrui of kakiekleurige windbreker met skoolwapen
Bruin Grasshopper-skoene
Kleurbaadjie (opsioneel)
Tydens skoolfunksies mag gr 11 en 12-leerlinge seniordrag dra (Swart langbroek, wit hemp, skooldas en swart skoene)

 

Algemene sportdrag

Sweetpak:  skakering van groen, goud en swart.

 

Sportdrag: Seuns
Rugby:  swart trui met skookleure, swart broek, swart kouse met skoolkleure.
Atletiek:  wit atletiekhemp met groen en geel dwarsstreep en ’n swart broek.
L.O.:  swart broek met onderhemp
Krieket, tennis en gholf:  skoolgholfhemp.

 

Sportdrag: Meisies
Atletiek:  wit atletiekhemp met groen en geel dwarsstreep
Netbal en hokkie:  atletiek/skoolgholfhemp
Tennis:  skoolgholfhemp
Alle eerste spanne speel in onderskeidende kleure

 

Verdere reëls soos vervat in beleid

Dogters

Kleredrag

• Groen skoolrok  (vier vingers bokant die knie) met wit hemp.
• Kort wit sokkies, netjiese, skoon swart skoolskoene.
• Skoen moet vas wees en die hakke mag nie afgetrap word nie.
• Geen plakkies of ander skoene nie: By oortreding sal dit uitgetrek en kaalvoet geloop word.

Kleredrag: Winter

• Groen skoolrok met langmouhemp en ‘n skooldas.
• Swart kleefkouse (“tights”), swart skoolskoene.
• Kakikleur Dri Mac-baadjie mag gedra word.
• Slegs skoolwapen en –balkies mag op die kleurbaadjies gedra word.
• Swart skooltrui, moulose trui of kleurbaadjie.
• Slegs gr. 10 – 12 dra erekleure.
• Slegs die voorgeskrewe serp mag gedra word.
• Geen sweetpak, skoolsweetpak inkluis, is deel van skooldrag nie.

Seniordrag

• Seniordrag word slegs deur gr. 12’s gedra.
• Die bestuurskomitee dra seniordrag elke Maandag en Donderdag.
• Die res van die gr.12’s dra seniordrag op Donderdae.
• Aparte oortrektrui vir gr.12’s.

• Seniordrag bestaan uit:
– A-lyn rompie, nie meer as drie vingers bo die knie nie.
– Kort, mini-rompies is ontoelaatbaar.
– Geel bloese
– Skoolbaadjie
– “Black mail”-sykouse, gemaklike swart hakskoene – nie spykerhakke nie.

Hare

• Lang hare wat aan die kraag raak,  word netjies vasgebind.
• Gr.8–11 dra swart, groen linte en gr. 12 dra geel linte.
• Hare/kuiwe word uit die oë weggebind of vasgesteek.
• Geen uitspattige of onnatuurlike style word toegelaat nie.
• Hare mag nie uitspattig (bv. pikswart) gekleur word nie.

Naels

• Naels moet netjies en goed versorg wees.
• Nie langer as die vingertoppe nie – lang naels sal onmiddellik geknip moet word.
• Slegs deurskynende naellak word toegelaat.

Oorbelle

• Slegs goue of silwer knoppies (“studs”).
• Ringetjies van die volgende grootte word toegelaat: Nie groter as ‘n nuwe 50c nie.
• Geen grimering word toegelaat nie en sal onmiddellik afgewas word.

Algemeen

• Tydens sportbyeenkomste word Nellie Guts-drag gedra.
• Tydens wegbyeenkomste word in skooldrag of Nellie Guts-drag gery (geen geborgde hemde nie).
• Nellie Guts-drag bestaan uit:
– Nellie Guts-broek (swart).
– Nellie Guts-hemp.
– Drafskoene (geen plakkies).
• Alle voorkomsreëls geld ook by Nellie Guts-drag, op die sportveld, bus en in die dorp.
• Oortreding van enige van die bogenoemde reëls sal onmiddellik volgens die debietstelsel gestraf word.

 

Seuns

Kleredrag

• Kakibroek en-hemp met die skoolwapen.
• NHS-kouse.
• Bruin Grasshopper-skoen.
• Skoene moet altyd skoon wees en die hakke mag nie afgetrap word nie.
• By oortreding sal die skoen uitgetrek en kaalvoet geloop word.
• Swart skooltrui of –moulose trui of kleurbaadjie en gr.12’s het ‘n aparte oortrektrui.
• Slegs gr.10-12’s dra erekleure.
• Slegs amptelike skoolwapen en -balkies mag op kleurbaadjies gedra word.

Kleredrag: winter

• In die winter word ‘n kakikleur Dri-Mac gedra.
• Slegs voorgeskrewe serp mag gedra word.
• Geen sweetpak, skoolsweetpak inkluis, is deel van skooldrag nie.
Seniordrag vir die gr.12’s

• Swart langbroek.
• Wit langmouhemp met skooldas (VAS).
• Kleurbaadjie.

 

Hare

• Hare wat aan die kraag of ore raak, is te lank.
• ‘n Kuif wat die wenkbroue raak, is te lank.
• As die hare op die agterkop of langs die kante vasgevat kan word, is dit te lank.
• Die kleur, “gel” en bleik van hare is ontoelaatbaar.
• Hare moet altyd netjies en skoon wees.
• Haarsnitstyle (bv. “ David Beckham”-styl) is ontoelaatbaar.
• Seuns moet altyd geskeer wees.

Algemeen

• Tydens sportbyeenkomste word skooldrag, voorgeskrewe sportdrag of Nellie Guts-drag gedra.
• Nellie Guts-drag bestaan uit:
– Nellie Guts-hemp.
– Nellie Guts-kortbroek (chino broeke).
– Drafskoene (geen plakkies).
• Tydens wegbyeenkomste word in skooldrag of Nellie Guts-drag gery(geen geborgde hemde).
• Alle voorkomsreëls geld ook by Nellie Guts-drag, op die sportveld en in die dorp.
• Enige oortreding van bogenoemde reëls sal onmiddelik volgens die debietstelse gestraf word.

 

Alle skooldrag is beskikbaar by leweransiers.