Voorkoms van 'n Nellie

Voorkoms van ‘n Nellie

 

Skooldrag

 

 

 

Kleredrag en voorkoms:

 

Skooldrag:  Meisies


Groen skooluniform
Wit bloes (langmou wit hemp met das mag gedurende wintermaande gedra word)
Wit sokkies (lang swart kouse mag gedurende wintermaande gedra word)
Swart skoolskoene (nie sandale nie)
Swart skooltrui of kakiekleurige windbreker met skoolwapen.
Kleurbaadjie (opsioneel)
Tydens skoolfunksies mag Gr 11 en 12-leerlinge seniordrag dra.  (Swart romp met ’n geel bloes en swart skoene)

Skooldrag:  Seuns


Kakiekleurige kortbroek
Kakiehemp met skoolwapen op die sak
Kakiekleurige skoolkouse
Swart skooltrui of kakiekleurige windbreker met skoolwapen
Bruin Grasshopper-skoene
Kleurbaadjie (opsioneel)
Tydens skoolfunksies mag gr 11 en 12-leerlinge seniordrag dra (Swart langbroek, wit hemp, skooldas en swart skoene)

Sportdrag:


Sweetpak:  skakering van groen, goud en swart.  Beskikbaar by leweransiers.

Seuns:


Rugby:  swart trui met skookleure, swart broek, swart kouse met skoolkleure.
Atletiek:  wit atletiekhemp met groen en geel dwarsstreep en ’n swart broek.
L.O.:  swart broek met onderhemp
Krieket, tennis en gholf:  skoolgholfhemp.

Meisies:


Atletiek:  wit atletiekhemp met groen en geel dwarsstreep
Netbal en hokkie:  atletiek/skoolgholfhemp
Tennis:  skoolgholfhemp
Alle eerste spanne speel in onderskeidende kleure

Alle skooldrag is beskikbaar by leweransiers.

 

VERDERE REëLS SOOS VERVAT IN BELEID

5.2.1 DOGTERS

1. Kleredrag  Somer

• Groen skoolrok  (4 vingers bokant die knie) met wit hemp.
• Kort wit sokkies, netjiese, skoon swart skoolskoene.
• Skoen moet vas wees en die hakke mag nie afgetrap word nie.
• GEEN PLAKKIES OF ANDER SKOENE NIE
• By oortreding sal dit uitgetrek en kaalvoet geloop word

Winter 

Seniordrag

 Seniordrag word slegs deur gr.12’s gedra.
• Die bestuurskomitee dra seniordrag elke Maandag en Donderdag
• Die res van die gr.12’s dra seniordrag op Donderdae.
• Aparte oortrektrui vir gr.12’s
• Seniordrag bestaan uit:

– A-lyn rompie, nie meer as DRIE vingers bo die knie nie.
– KORT, MINIROMPIES IS ONTOELAATBAAR!
– Geel bloese – by die handelaars beskikbaar
– Skoolbaadjie
– Black mail-sykouse,gemaklike swart hakskoene – nie spykerhakke nie.

2. Hare
 Lang hare wat aan die kraag raak,  word netjies vasgebind.
• Gr.8 – 11 dra swart, groen linte; gr. 12 dra geel linte.
• Hare/kuiwe word uit die oë weggebind/vasgesteek.
• Geen uitspattige of onnatuurlike style word toegelaat nie.
• Hare mag nie uitspattig (bv. pikswart) gekleur word nie.

3. Naels
 naels moet netjies en goed versorg wees.
• Nie langer as die vingertoppe nie – lang naels sal ONMIDDELLIK geknip moet word.
• SLEGS deurskynende naellak word toegelaat.

4. Oorbelle
 SLEGS goue of silwer knoppies (“studs”)
• Ringetjies van die volgende grootte
      word toegelaat:    (NUWE 50c)
• geen grimering word toegelaat nie en sal ONMIDDELLIK afgewas word.

5. Algemeen
• Tydens sportbyeenkomste word Nellieguts-drag gedra.
 Tydens wegbyeenkomste word in skooldrag og Nellieguts-drag gery. (Geen geborgde hemde nie)
• Nellieguts-drag bestaan uit:
– Nellieguts-broek (swart)
– Nellieguts-hemp
– Drafskoene(geen plakkies)
• Alle voorkomsreëls geld ook by Nellieguts-draf, op die sportveld, bus en in die dorp.


• OORTREDING VAN ENIGE VAN DIE BOGENOEMDE REËLS SAL ONMIDDELLIK VOLGENS DIE DEBIETSTELSEL GESTRAF WORD.

 5.2.2 SEUNS

1. Kleredrag
• Kakibroek en-hemp met die skoolwapen.
• NHS-kouse
• Bruin Grasshopper-skoen
• Skoene moet altyd skoon wees en die hakke mag nie afgetrap word nie.
• By oortreding sal die skoen uitgetrek en kaalvoet geloop word.
• Swart skooltrui of –moulose trui of kleurbaadjie;gr.12’s het ‘n aparte oortrektrui.
• Slegs gr.10-12’s dra erekleure.
• Slegs amptelike skoolwapen en -balkies mag op kleurbaadjies gedra word.
• Seniordrag vir die gr.12’s:
** swart langbroek
** wit langmouhemp met skooldas (VAS)
** kleurbaadjie
• In die winter word ‘n kakikleur DRIMAC-baadjie gedra.
• Slegs voorgeskrewe serp mag gedra word.  (Beskikbaar by die handelaars)
• Geen sweetpak, skoolsweetpak inkluis, is deel van skooldrag nie.
 
2. Hare
 Hare wat aan die kraag of ore raak, is te lank.
• ‘n Kuif wat die wenkbroue raak, is te lank.
• As die hare op die agterkop of langs die kante vasgevat kan word, is dit te lank. (GRYP)
• Die kleur, GEL en bleik van hare is ontoelaatbaar.
• Hare moet altyd netjies en skoon wees.
• HAARSNITSTYLE (bv. “ David Beckham”-styl) is ontoelaatbaar.
• Seuns moet altyd geskeer wees.
• Seuns se houding, gesindheid en gedrag, veral teenoor dames en dogters, moet altyd onberispelik wees.

 ALGEMEEN
 Tydens sportbyeenkomste word skooldrag of voorgeskrewe sportdrag of Nellieguts-drag gedra.
• Nellieguts-drag bestaan uit:
– Nellieguts-hemp
– Nelliesguts- kortbroek (chino broeke)
– Drafskoene(geen plakkies)
• Tydens wegbyeenkomste  word in skooldrag of Nellieguts-drag gery. ( Geen geborgde hemde)
• Alle voorkomsreëls geld ook by Nellieguts-drag, op die sportveld en in die dorp.


• ENIGE OORTREDING VAN BOGENOEMDE REËLS SAL ONMIDDELLIK VOLGENS DIE DEBIETSTELSEL GESTRAF WORD.

• Groen skoolrok met langmouhemp en ‘n skooldas.
• Swart kleefkouse (“tights”), swart skoolskoene.
• Kakikleur DRIMAC-baadjie mag gedra word.
• Slegs skoolwapen en –balkies mag op die kleurbaadjies gedra word.
• Swart skooltrui,  moulose trui of kleurbaadjie.
• Slegs gr. 10 – 12 dra erekleure.
• Slegs die voorgeskrewe serp mag gedra word.  ( by die handelaars beskikbaar)
• Geen sweetpak, skoolsweetpak inkluis, is deel van skooldrag nie.