TUKSREEKS: Semi-finaal

TUKSREEKS: Semi-finaal

Hoërskool Nelspruit se Rhinos XV het die afgelope naweek vir groot opwinding gesorg toe hulle 31-29 teen die verdedigende kampioen, EG Jansen, in die halffinaal van die Tuksreeks geseëvier het. Dit was ‘n klipharde wedstryd en die Nellies het tot op die einde verbete geveg. In die laaste minuut was die telling 28-29, maar die strafdoel van Stephan van der Bank het die knoop vir NHS deurgehak.
Die tweede seunshokkiespan het ‘n weghol oorwinning van 11-0 teen Hoërskool Eldoraigne behaal, terwyl die O/16A’s 3-2 met Hoërskool Garsfontein afgereken het. Beide hierdie spanne asook die O/16B’s en die O/14B-span sal op 7 Mei vir die eerste-en tweedeplek in die kompetisie meeding. Die O/15A netbalspan het hul opponent van Hoërskool Eldoraigne met een punt in die halffinaal getroef en algeheel tweede geeïndig nadat hulle naelskraap 14-18 teen Hoërskool Rustenburg vasgeval het