TUKSREEKS: Rustenburg

TUKSREEKS: Rustenburg

Eerste Dogtershokkie vs Pieterburg op Curro
Nellies vaar goed in eerste Tuksreeks-wedstryde
Nellies vaar goed in eerste Tuksreeks-wedstryde

Die wintersportspanne van Hoërskool Nelspruit het op 12 Maart, op eie bodem in hulle eerste wedstryde van die Tuksreeks, teen Hoërskool Rustenburg te staan gekom.

Die rugby- en dogtershokkiespanne kon op die einde van dié dag, wat deur Eastview BMW geborg is, die skool se vlag met trots laat waai. NHS se rugbyspanne het agt uit die elf wedstryde gewen en die eerstespan het met goeie aanval rugby hul opponent met 28-21 laat les opsê.

Die dogtershokkiespanne het uitstekend gespeel en skoonskip gemaak deur al agt wedstryde wat gespeel is oortuigend te wen. Rustenburg se netbalspanne was gedugte teenstanders en die Nellies kon daarin slaag om in vier van die elf wedstryde as oorwinnaars uit die stryd te tree. Die eerste seunshokkiespan het met een doel (2-1) teen Rustenburg gewen NHS kom komende Donderdag en Vrydag teen Hoërskool Florida te staan

Duvan van Duyker

Danielle van der Nest

Derik van der Merwe
Derik van der Merwe