Tuksreeks: Nellies eindig algeheel vierde

Tuksreeks: Nellies eindig algeheel vierde

Hoërskool Nelspruit het 5-6 Mei die finales rondes in rugby en hokkie in Pretoria aangepak om ten einde vierde op die ranglys te eindig. NHS-rugby het algeheel sesde geëindig, hokkiedogters algeheel vyfde en die hokkieseuns algeheel derde in die reeks.
By die rugby het die eerstes en tweedes teen Garsfontein verloor terwyl beide die o/15A’s en o/14A’s teen Florida gewen het.

 

Die dogtershokkie-eerstespan het verloor teen Transvalia terwyl die o/16A’s ‘n wen teen hulle kon aanteken en die o/14A’s met ‘n 0-0-telling gelykop gespeel het. Die o/15A’s kon ‘n wen teen Kemptonpark aanteken.

 

Die seunshokkie-eerstes het Pietersburg geklop, die o/16A’s het gelykop gespeel teen Rustenburg en o/14A’s het ‘n wen teen Transvalia aangeteken.