TUKSREEKS: KWARTFINAAL

TUKSREEKS: KWARTFINAAL

Nico de Kock

Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek op Rustenburg se tuisvelde in die kwarteindronde van die Tuksreeks te staan gekom. Die Rhinos XV het hul man gestaan en 28-18 met hul opponente van Kemptonpark afgereken. Die o/15A’s se telling teen Kemptonpark was 12-12, maar Kempies is as die wenners aangewys nadat hulle die eerste punte van die wedstryd aangeteken het.
Die o/15A netbalspan het ‘n puik vertoning gelewer en 19-16 met Hoërskool Monument afgereken. Beide die eerste en o/16A seunshokkiespanne het hul stemme dik gemaak en onderskeidelik 1-0 en 2-0 met Transvalia afgereken. Tenspyte van goeie spel het die dogtershokkiespanne in al vier hul kragmetings vasgeval.