TUKSREEKS : Finale

TUKSREEKS : Finale

 

NHS speel met trots in Tuks-finaal

 

Renier Troskie -NHS-agtsteman

Renier Troskie -NHS-agtsteman

 

Hoërskool Nelspruit het op 7 Mei sy stem dik gemaak in die finaal van die Tuks-Skolereeks.

Die Rhinos XV het in ‘n klipharde stryd teen die Wit Bulle van Hoërskool Monument te staan gekom.  Die Nellies het nooit moed opgegee nie en was met halftyd met net 10-6 agter.  Hoewel die span uiteindelik 25-17 teen Monument vasgeval het, was die span uiters kompeterend en het die stryd in goeie gees plaasgevind.

 

Die O/16A-seunshokkiespan het uitgeblink en is as die algehele wenners van die toernooi gekroon, nadat hulle 2-1 in die eindstryd teen Hoërskool Rustenburg gewen het. Na ‘n taai stryd tussen die tweedespan en Hoërskool Menlopark het NHS die tweede plek behaal.  Hoewel die O/14B-span die knie teen Hoërskool Menlopark moes buig het hulle ook algeheel tweede geëindig.

 

Die O/16A hokkiedogters het aggressiewe hokkie gespeel en 1-0 met Hoërskool Kemptonpark afgereken.  Dit het vir hulle ‘n algehele sewende plek verseker. Drie sesde plekke is behaal deur die eerstespan, O/15A’s en die O/14A’s wat onderskeidelik teen Monument en Eldoraigne gespeel het.

 

Nico de Kock - regter vleuel van NHS in aksie

Nico de Kock – regtervleuel van NHS in aksie

 

UITSLAE FINAAL VAN TUKSREEKS

 

AZ2A7186

O’/16 A – hokkieseuns : Wenners Tuksreeks

AZ2A7189

Eerste Hokkieseuns: 3 de plek TUKSREEKS