Tuksreeks derde ronde: 28 uit 30 vir NHS

Tuksreeks derde ronde: 28 uit 30 vir NHS

March 22, 2017
|

Die derde ronde van die Tuksskole-reeks het die afgelope naweek plaasgevind. Hoërskool Nelspruit se wintersportspanne het die van Hoërskool Florida in Gauteng gaan aanpak. Die eerste ronde was vroëer die maand teen HTSM op ons tuisveld, terwyl die tweede een onlangs in Klerksdorp gespeel is.

NHS kon daarin slaag om met 28 uit 30 wedstryde te seëvier.

Die eerste netbalspan het met ‘n wen van 34-9 huis toe gekom terwyl die tweedes, o/17, o/16, o/15 en o/14’s almal ook oortuigend gewen het.

By die rugby kon Florida wel twee wenne aanteken by die o/16A- en o/14A-span, terwyl Florida se o/14B, derdes en tweedes geen punte teen NHS kon aanteken nie.

Beide die seun- en dogterhokkiespanne kon almal weghol-oorwinnings behaal. Die dogters eerstespan, tweedes en o/16A’s het Florida elk met 10-0 geklop, terwyl die o/14A’s 11 punte teenoor 0 op die telbord behaal het.

Die seuns eerstespan het ook nie teleurgestel met ‘n 2-1 eindtelling nie, terwyl geen van Florida se ander seunshokkiespanne punte teen NHS kon aanteken nie.

NHS sien uit daarna om die naweek die kwartfinaal aan te bied waneer daar sewe skole mekaar die stryd gaan aansê. Deelnemende skole is hoërskole Nelspruit, Pietersburg, Eldoraigne, Monument, Florida, Klerksdorp en Hoër Tegniese Skool Middelburg. Die kwarteindronde sal moontlik gemaak word deur AON.