Vodacom-atletiekbyeenkoms lewer talle uithaler-vertonings

Vodacom-atletiekbyeenkoms lewer talle uithaler-vertonings

January 23, 2017
|

NHS se jaarlikse prestige tuis-atletiekbyeenkoms Saterdag 21 Januarie het, ondanks die swaar baan na die vorige nag se welkome reënbui, deurentyd die groot skare toeskouers op die punt van hul sitplekke gehou. Heelwat vertonings meer as 1000 punte op die ABSA-tabel werd, was voorwaar kos vir die atletiekgeesdriftige!

suzaan-nel

Affies (Pretoria) se seuns (80 medaljes) en meisies (97 medaljes) het getoon waarom hulle jaarliks die spanne is om by die Super-interhoër (A-bond), om die eersteplek te klop. Ben Vorster (Tzaneen) het self met 27 medaljes die oog gevang, maar dit was die “mini-interhoër” tussen NHS, Rob Ferreira en Lydenburg wat groot opwinding veroorsaak het. Uiteindelik was dit die tuisspan wat met 112 medaljes (28 goud, 40 silwer en 44 brons) voorlopig hul kleim as vanjaar se Laeveld  top-atletiekskool, afgesteek het. Rob Ferreira het veral in die seunsafdeling, die medaljes ingeoes en eindig met 40 medaljes (17 goud, 11 silwer en 12 brons), gemaklik voor Lydenburg, wat ook met 27 medaljes spog (4 goud, 10 silwer en 13 brons).

mia-erasmus

Nellies se bekende Marais-broers, Naas (seuns 19) en Jacques (seuns 15), het weer die medaljes ingeryg. Naas was in gewigstoot (16,31m) en skyfwerp (51,75m) in ‘n klas van sy eie. In gewigstoot kon die atleet wat tweede geëindig het (Affies se Johan van Zyl), slegs 13,56m haal! Jacques se wengooi van 50,10m (skyfwerp, s.15) was ‘n volle 1003 punte werd, en die beste vertoning (deur ‘n NHS-atleet) van die dag. Tertius Mentz glimlag ook breed, nadat hy ‘n puik tyd van 1:58.46 in die 800m (s.17) aangeteken het – en hy verwerf ook ‘n blink ABSA-punt van 902. Onder die meisies, moet die naam van Suzaan Nel (m.15) gewis uitgesonder word. Om by ‘n seshoekige byeenkoms van so ‘n puik standaard, drie eersteplekke te behaal, wil gedoen wees! Suzaan was in die 100m, 200m en verspring aan die wenkant.

naas-marais

Die volgende NHS-atlete het hul items gewen:

 

Stefan Smit (s.17): spiesgooi – 60,46m; ook skyfwerp – 43,13m

Meli Mazibuko (s.19): driesprong – 12,24m

Chyle van Zyl (s.16): skyfwerp – 40,43m; ook gewigstoot – 14,31m

Stephan vd Bank (s.19): spiesgooi – 56,52m  (*oudleerling Werner Bouwer, het hier 59m gegooi)

Jacques Marais (s.15): skyfwerp – 50,10m

Joao Christovam (s.19): verspring – 6,29m

Wian Otto (s.17): gewigstoot – 15,63m

Naas Marais (s.19): gewigstoot – 16,31m; ook skyfwerp – 51,75m

Ruben Grundlingh (s.14): 1500m – 4:59.66

Andreas van Heerden (s.16): 1500m – 4:29.74

Tertius Mentz (s.17): 1500m – 4:12.94

Ben Strydom (s.17): 400m – 51.92 sek.

Linmari Potgieter (m.17): hoogspring – 1,56m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,57m (*nuwe Nellie-rekord)

Nerina Visser (m.19): 400m hekkies – 65.93 sek.

Suzaan Nel (m.15): 100m – 13.03 sek.; ook 200m – 27.08 sek.; ook verspring – 4,91m

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 13.26 sek.

Megan Caldeira (m.16): gewigstoot – 10,97m

Nicola Cronjé (m.16): 200m – 27.02 sek.; ook 800m – 2:22.94

Michelle Bouwer (m.16): spiesgooi – 34,87m

Tayla Kotzee (m.15): 90m hekkies – 14.65 sek.

tembe-cossa

 

Benewens Jacques en Tertius se puik ABSA-punte, was daar nog ‘n mooi oes van NHS-atlete wat die 800 punte-grens oorskry het:

Douw Kruger (s.15): gewigstoot – 14,62m (855); ook skyfwerp – 45,49m (882)

Coben Putter (s.15): gewigstoot – 14,29m (831)

Terrence Terblanché (s.14): verspring – 5,16m (843)

Lourens Potgieter (s.15): 100m – 11.65 sek. (835); ook 200m – 23.60 sek. (850)

Duvan van Duyker (s.19): 100m – 10.93 sek. (839)

Stefan Smit (s.17): spiesgooi – 60,46m (851)

Charlie Naudé (s.17): 800m – 2:02.03 (823)

Rainer Spruyt (s.17): 800m – 2:02.69 (809)

De Villiers Basson (s.19): 800m – 1:57.70 (810)

Wian Otto (s.17): gewigstoot – 15,63m (852)

Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies – 14.63 sek. (856)

Ben Strydom (s.17): 200m – 22.75 sek. (854)

Joshua Maass (s.17): versrping – 6,65m (852)

Naas Marais (s.19): skyfwerp – 51,75m (838); ook gewigstoot – 16,31m (851)

Tertius Mentz (s.17): 1500m – 4:12.94 (808)

Chyle van Zyl (s.17): gewigstoot – 14,31m (815)

Linmari Potgieter (m.17): hoogspring – 1,56m (830)

Shana Scott (m.14): spiesgooi – 31,03m (841)

Inge Meyer (m.14): verspring – 4,73m (839)

Suzaan Nel (m.15): 100m – 13.03 sek. (808); ook verspring – 4,91m (834)

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 13.26 sek. (801)

Christine Kruger (m.15): gewigstoot – 11,34m (811)

stephan-van-der-bank

 

Nog uitslae wat vir seker vermelding verdien, sluit in:

 

Nicolize Aucamp (m.14): 100m – 13.30 sek.; ook 200m – 28.31 sek.; ook 400m – 64.81 sek.

Danel Bekker (m.14): hoogspring – 1,35m

Chantel Olivier (m.15): hoogspring – 1,40m

Jana Engelbrecht (m.14): 200m – 28.09 sek.

JC Taljaard (s.19): hoogspring – 1,80m

Andreas van Heerden (s.16): 3000m – 9:32.12

Duvan van Duyker (s.19): 400m hekkies – 58.69 sek.; ook 110m hekkies – 15.78 sek.

Wian Otto (s.17): skyfwerp – 42,04m

Ruan Labuschagne (s.17): 400m hekkies – 57.50 sek.; ook 400m – 53.44 sek.

Handré Homan (s.15): 100m hekkies – 15.25 sek.; ook 300m hekkies – 43.88 sek.

Van Reenen Kruger (s.14): 300m hekkies – 44.25 sek.

Joshua Maass (s.17): hoogspring – 1,75m

Jacques Marais (s.15): verspring – 5,62m

Luthando Mabuza (s.14): 800m – 2:21.44

Attie Smit (s.15): 800m – 2:12.06; ook 1500m – 4:34.56

Conrad Grobbelaar (s.15): 800m – 2:13.66; ook 1500m – 4:35.00

Jaytee Boers (s.16): 800m – 2:09.60

Coben Putter (s.15): skyfwerp – 39,85m

FJ Mentz (s.17): 800m – 2:03.37

Devon Nell (s.16): 110m hekkies – 15.63 sek.

Meli Mazibuko (s.19): verspring – 6,24m

De Villiers Basson (s.19): 200m – 23.13 sek.; ook 400m – 52.33 sek.

Zander Kirsten (s.19): 200m – 23.32 sek.; ook 400m – 53.15 sek.

Ruben Buitendag (s.19): 200m – 23.36 sek.

Henco Pieters (s.19): skyfwerp – 42,62m

Chyle van Zyl (s.16): spiesgooi – 51,90m

Aubrey vd Bank (s.16): spiesgooi – 49,86m

Janco Pretorius (s.16): spiesgooi – 47,76m

Matthys Wessels (s.16): 1500m – 4:37.00

Douw Kruger (s.15): spiesgooi – 46,54m

Charlie Naudé (s.17): 1500m – 4:26.62

Megan Nel (m.16): verspring – 4,74m; ook driesprong – 10,28m

Naomi vd Nest (m.14): spiesgooi – 26,78m; ook 400m – 66.70 sek.

Jessica Berry (m.16): 3000m – 11:23.00, ook 1500m – 5:07.56

Nicci Viljoen (m.14): 300m hekkies – 49.75 sek.; ook 200m – 28.43 sek.

Nerina Visser (m.19): 100m – 12.77 sek.; ook 100m hekkies – 16.32 sek.; en 400m – 61.44 sek.

Wilmie Basson (m.14): 800m – 2:40.22; ook 1500m – 5:25.05

Angelique Nel (m.15): 800m – 2:37.65; ook 1500m – 5:23.92

Thembi Cossa (m.17): 800m – 2:33.33; ook 1500m – 5:25.78

Chantel Olivier (m.15): hoogspring – 1,40m

Shana Scott (m.14): gewigstoot – 10,39m; ook skyfwerp – 26,57m

Mia Erasmus (m.19): 800m – 2:32.50; ook 1500m – 5:16.67

Sammy Carmichael (m.16): spiesgooi – 30,15m

Andrea Boerman (m.19): hoogspring – 1,45m

Zuleka Breedt (m.19): spiesgooi – 29,52m

Nicola Cronjé (m.16): 400m – 62.99 sek.

 

Nou reis die spanne (A- en B-span) na Pretoria, waar die room van die Jakarandastad en omliggende streke se atletiekskole, op hulle wag. Die Waterkloof-byeenkoms vind ook op tartan plaas, wat waardevolle ervaring met die oog op vanjaar se super-interhoër, bied.