Super-kragte maak NHS weer een van Top 8 in Noordvaal!

Super-kragte maak NHS weer een van Top 8 in Noordvaal!

March 2, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het vanjaar se tema by die Laeveld-interhoër ‘n stappie verder geneem, toe die Nellies se spog-atletiekspan bo-aan die punteleer van die B-afdeling van die uiters strawwe NWU-Super Interhoër vir 2018, geëindig het. Hiermee herwin NHS sy posisie as een van die agt beste atletiekskole in die noordelike provinsies.

Vir die soveelste keer, was dit weer Hoërskool Noordheuwel (Krugersdorp) wat Nelspruit se gedugste teenstander was. In die verlede, het die Gautengers met hulle bekende naelloopkrag, baie sterk in die laaste reeks items (400m en aflos) deurgekom om die ander spanne verby te steek – maar hierdie keer, was die Nellies reg vir hulle! NHS se naellope en hekkies (derhalwe ook die aflosse) het vanjaar grense verskuif, deur oral waar die span deelgeneem het, met kookwater-vertonings die oog te vang. Woensdag (28 Februarie) in die Pilditch-stadion te Pretoria, is al die krane behoorlik oopgedraai! Toe NHS in drie van die vyf aflosse vir meisies, in medalje-posisies by die wenpaal verby geblits het, was die skrif vir Noordheuwel aan die muur.

 

Uiteindelik eindig die Laevelders dan eerste met 775 punte, gevolg deur Noordheuwel (716), Potch Gim (679), Klerksdorp (661), Rustenburg (613), Randburg (606), Transvalia (570) en E.G.Jansen (481). Volgens die promosie-relegasie beginsel, skuif NHS dan volgende jaar op na die A-bond, met E.G.Jansen wat afskuif na die C-bond. Nelspruit vervang Kemptonpark, wat vanjaar laaste in die A-bond was. Wat NHS se prestasie (775 punte) verder in perspektief plaas, is die feit dat die wenners van vanjaar se A-bond, Prestige College, 739 punte ingesamel het, met Helpmekaar (715) in die tweedeplek.

Wat NHS se prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat die atlete SONDER die voordeel en gerief van ‘n tartanbaan, soos dit by ander groot sentra die geval is, moet klaarkom. Desondanks, het ervare en gemotiveerde afrigters en ‘n puik groepsgees onder die entoesiastiese atlete, vir ‘n skouspel soos min, gesorg.

 

NHS se atlete het sewe Nellie-rekords (beste in die skool se 65-jarige bestaan) in die slag laat bly!

Die lys nuwe rekords, sien soos volg daaruit:

 

Rhodé Nel (m.15): 200m – 25.21 sek. (was Zani Mattheus se 25.37, in 2008 opgestel)

Rhodé Nel (m.15): 400m – 57.37 sek. (was haar eie tyd van 58.34 sek., vroeër vanjaar)

Shana Scott (m.15): skyfwerp – 35,88m (was 35,15m, haar eie rekord)

Aflos, meisies 15:  50.45sek. (was 50.47, vroeër in die seisoen)

Anje Nel (m.14): 90m hekkies – 13.75 sek. (was Carmen Cronjé se 13.79 sek. Van 2012)

Lallie Grobler (m.14): 300m hekkies – 47.11 sek. (was Carmen Cronjé se 47.85 sek., 2012)

Van Reenen Kruger (s.15): 300m hekkies – 39.39 sek. (was sy eie 39.74 sek., vroeër vanjaar)

 

Die beste NHS-meisie van die dag (volgens die ABSA-tabel), was Anje Nel (m.14) wat ‘n skitterende 1071 punte vir haar 1,65m in hoogspring, verdien het. Onder die seuns, was Jaytee Boers se 1004 punte vir sy uitstekende 1:55.83 (800m s.17) die beste.

 

 

Die Nellies het ‘n wavrag medaljes huis toe gebring! Baie geluk aan die volgende (ABSA-punte bo 800 aangedui):

 

Eersteplekke (goud)

 

Van Reenen Kruger (s.15): 300m hekkies – 39.39 sek. (932)

Ruan Labuschagné (s.19): 400m hekkies – 53.19 sek. (905); ook 200m – 22.44 sek. (833)

Jacques Marais (s.16): verspring – 6,16m (817)

Joshua Maass (s.19): verspring – 6,48m

Magnificent Ngwenya (s.17): driespong – 13,20m (808)

Jaytee Boers (s.17): 800m – 1:55.83 (1004)

Tertius Mentz (s.19): 800m – 1:53.62 (942)

Charlie Naudé (s.19): 3000m – 9:35.96

Douw Kruger (s.16): skyfwerp – 49,44m (976)

Aubrey vd Bank (s.17): spiesgooi – 62,65m (890)

Matthys Wessels (s.17): 1500m – 4:12.19 (849)

FJ Mentz (s.19): 1500m – 4:22.98

Phillip Vogel (s.14): hoogspring – 1,70m (959)

 

Nicci Viljoen (m.15): 300m hekkies – 46.47 sek. (851)

Anje Nel (m.14): hoogspring – 1,65m (1071)

Linmari Potgieter (m.19): hoogspring – 1,60m (826)

Megan Nel (m.19): driesprong – 10,98m

Thembi Cossa (m.19): 800m – 2:21.27

Leonine Gildenhuys (m.19): 3000m – 12:01.45 (*sy is nog onder 16)

Rhodé Nel (m.15): 200m – 25.21 sek. (993); ook 400m – 57.37 sek. (995)

Shana Scott (m.15): skyfwerp – 35,88m (981): ook gewigstoot – 11,65m (838)

4x100m aflos (m.15) – 50.45 sek.

 

Tweedeplekke (silwer)

 

Van Reenen Kruger (s.15): 100m hekkies – 13.61 sek. (977)

Ruan Labuschagné (s.19): 110m hekkies – 14.86 sek. (820)

Devon Nell (s.17): 400m hekkies – 54.94 sek. (886)

Jade Swanepoel (s.15): hoogspring – 1,75m (907)

Joshua Maass (s.19): hoogspring – 1,80m

Luthando Mabuza (s.15): 800m – 2:07.73 (880); ook 1500m – 4:33.74

Lourens Potgieter (s.16): 100m – 11.61 sek. (826)

Ben Strydom (s.19): 100m – 11.38 sek.

Douw Kruger (s.16): gewigstoot – 15,19m (878); ook spiesgooi – 52,16m

Chyle van Zyl (s.17): gewigstoot – 15,25m (827)

Wian Otto (s.19): gewigstoot – 15,19m

4x100m aflos, s.19 – 42.96 sek.

 

Anje Nel (m.14): 90m hekkies – 13.75 sek. (909)

Lallie Grobler (m.14): 300m hekkies – 47.11 sek. (901)

Chanté Nel (m.19): 400m hekkies – 70.46 sek.

Jessica Berry (m.17): 3000m – 11:26.47; ook 1500m – 5:13.19

Larise Combrink (m.14): 100m – 13.26 sek. (839); ook 200m – 26.85 sek. (890)

Rhodé Nel (m.15): 100m – 12.45 sek. (970)

Ilke Joubert (m.19): skyfwerp – 36,57m

Shana Scott (m.15): spiesgooi – 28,62m

Christine Kruger (m.16): gewigstoot – 12,99m (937)

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,18m

Thembi Cossa (m.19): 1500m – 5:06.84

4x100m aflos, m.16 – 51.68 sek.

 

Derdeplekke (brons)

 

Marco Capazorio (s.14): 100m hekkies – 14.78 sek. (864)

Devon Nell (s.17): 110m hekkies – 14.96 sek.

Handré vd Merwe (s.14): 300m hekkies – 42.61 sek. (820); ook 200m – 24.72 sek. (889)

Henko de Nysschen (s.16): 400m hekkies – 59.01 sek.; ook 400m – 52.46 sek. (816)

Stefan Smit (s.19): skyfwerp – 41,96m

Quinn van Zyl (s.15): skyfwerp – 43,10m (825)

Van Reenen Kruger (s.15): 400m – 54.09 sek. (804)

Jaytee Boers (s.17): 400m – 50.88 sek. (845)

Tertius Mentz (s.19): 400m – 50.67 sek.

Chyle van Zyl (s.17): skyfwerp – 45,50m

Ewald Putter (s.17): hoogspring – 1,65m

Meli Mazibuko (s.19): driesprong – 12,82m

 

Cherise van Duyker (m.17): 100m hekkies – 15.93 sek.; ook 400m hekkies – 68.48 sek.

Larise Combrink (m.14): verspring – 4,85m (864)

Megan Nel (m.19): verspring – 5,28m

Inge Meyer (m.17): driesprong – 9,82m (*nog onder 15)

Jessica Berry (m.17): 800m – 2:30.30

Silvia Barnard (m.14): spiesgooi – 27,43m

Mila de Villiers (m.16): 1500m – 5:00.64

Karien Goosen (m.14): 400m – 64.30 sek.

Marné van Aarde (m.19): spiesgooi – 33,29m

Lané Taljaard (m.15): hoogspring – 1,45m (812)

4x100m aflos, m.14 – 52.55 sek.

 

Wat ‘n ongelooflike atletiekfees van aksie, kleur en klank was 2018 se Super Interhoër nie! Baie geluk, en ook ‘n opregte DANKIE! aan al die Nellies (atlete, afrigters en toeskouers) wat tot die soete smaak van uiteindelike sukses, bygedra het!