Skiewies neem gehoor op reis deur Neltropolis

Skiewies neem gehoor op reis deur Neltropolis

January 25, 2017
|

Jonges en oues is die week deur Hoërskool Nelspruit se nuwe gr.8’s met hulle jaarlikse skiewiekonsert, wat deel is van hulle bekendstellingsprogram, vermaak. Dié jaar se weergawe is losweg gebaseer op die bekende animasiefilm Zootropolis, maar fokus op ‘n raaisel van ‘n ander aard in ons eie Neltropolis wat deur verskeie diere en kreature hul tuiste genoem word.

hh1_0824

Die verskillende streke van die koninkryk, Eish-land, die woestyn en ‘n diere-ryk, sukkel elk met sy eie uitdagings, en intussen moet die verlore Neltropilante (nuwe personeel) ook nog opgespoor word met behulp van ‘n haas-polisievrou.

hh1_0836

Uiteindelik word al die probleme opgelos insluitend die raaisel van wat van die Neltropilante geword het, en al die inwoners – van die grootse Mamut tot die kleinste ysblokkie en ‘n son-koning – lewe uiteindelik gelukkig verder saam in harmonie!