Sjefskompetisie

Sjefskompetisie

July 25, 2016
|

Renita de Beer en Me Erna J van Rensburg

Nellies kook by provinsiale sjefskompetisie

 

Hoërskool Nelspruit spog met drie leerders wie se kook vernuf beoordelaars by die finale ronde van die Mpumalanga-sjefskompetisie beïndruk het.

Die kompetisie, wat oor vyf dae gestrek het, is by die Malaga Protea Hotel aangebied.

Renita de Beer is as die wenner van die gevorderde afdeling aangewys en het twee jaar gratis opleiding in ‘n internasionale diploma, ter waarde van R280 000, by Capital hotelskool in Pretoria ontvang.  Kursusmateriaal, uniform, ‘n volledige messestel en boonop ‘n maandelikse salaris is by die prys ingesluit.

Ashley Potgieter het ‘n tweede plek behaal en ontvang een jaar gratis opleiding by die Fortis Protea Hotel ter waarde van R150 000.

Nog ‘n Nellie, Christina Breed, het ook uitstekend presteer en onder die top tien in die provinsie geëindig