Sias pak die Jock-padfietsresies aan

Sias pak die Jock-padfietsresies aan

September 19, 2017
|

Die Nellie-padfietsryer Sias Joubert het die naweek van 15-17 September aan die Jock-padfietstoer deelgeneem. Dit is ‘n drie-dag “stage”-resies van 320km met ‘n uitmergelende 7200m “vertical ascent” en daar word gesê dat daar geen moeiliker drie-dag resies van sy soort in Afrika is nie. Dit is ook glo die eerste van sy soort op die kontinent wat ‘n ‘n spieëlbeeld van die Europese Alphine-padresies, soos Haute Route, is. Nietemin het Sias ‘n derde plek in die junior kategorie behaal. Baie geluk! #nellietrots