Sewes rugby: Cravenweekspelers

Sewes rugby: Cravenweekspelers

September 21, 2016
|

Bergvlamtoernooi 7/s

janrico-vermeulen-en-joao-cristovam

 

Hoërskool Nelspruit se O/15 en O/17 rugbyspanne is op 17 September as die kampioene van die Bergvlam Sewestoernooi gekroon.

Die O/17’s het in die finaal 19-14 met Hoër Volkskool Potchefstroom afgereken.  NHS se juniorspan het ook hul teenstanders van Hoërskool Middelburg getroef en met 28-12 van die veld afgestap.

Ses skole het in die junior afdeling deelgeneem, terwyl veertien skole in die senior afdeling vir aksie op die rugbyveld gesorg het.

Janrico Vermeulen en Joao Cristovam is onderskeidelik as die beste junior en senior speler van die toernooi aangewys.

4 Nellies verkies tot Sewes Cravenweekspan

 

az2a2167

Vier spelers van Hoërskool Nelspruit is verkies tot die Mpumalanga Cravenweek sewesspan wat op 26 September tot 1 Oktober in Durban gaan deelneem.

 

Baie geluk aan: Marius Slabbert, Stephan van der Bank, Tiaan Kotzee en Joáo Cristovam.

 

 


 


 

 

 

 

 

 

 

 

Twee Nellies in Cravenweek-span

Jaco Joubert        Stephan de Jager

                   Jaco Joubert                                                 Stephan de Jager

Nelpruit Hoërskool is baie trots op Stephan de Jager en Jaco Joubert wat gekies is vir die Cravenweek 0/18 sewesspan. Baie geluk!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoërskool Nelspruit onttroon

 

Nasionale kampioene.

 

 

017

 

Uitslae van 7’s ‘Battle in the Park “

Die Nasionale Toernooi het die afgelope naweek in die Kruger Wildtuin plaasgevind.  Spanne van al die provinsies het aan die finaal deelgeneem. Die Nellies het uitstekend gevaar in die toernooi en hulle uitslae was as volg;

•    Blitz Rhinos wen 51-0 vs Rustenburg
•    Blitz Rhinos wen 26-0 vs Monument
•    Blitz Rhinos wen in kwart-eind 29-5 vs Waterkloof
•    Blitz Rhinos wen in half eind 28-21 vs Florida
•    Blitz Rhinos wen finaal 26-20 vs Garsfontein wat die Nasionale verdedigers was.
Die speler van die reeks in die toernooi was Ruan Nel. Baie geluk, Nellies ons is ongelooflik trots op julle!!

 

518          522

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

NHS SEWES RUGBY TE ROB

 

DANIEL MAARTENS

Daniel Maartens

Die Nellies het die afgelope Vrydag in ‘n vriendskaplike Sewes Toernooi, by Rob Ferreira deelgeneem. Die Nellies het in die volgende wedstryde gespeel.

NHS speel in hulle 1ste wedstryd teen Spif uitnodiging span en wen die Nellies 66-0. In die 2de wedstryd speel NHS teen Uplands en wen ons 61-0. In die Semi’s speel ons teen Lowveld en wen 54-0. In die finaal speel ons teen Rob Ferreira en wen die Nellies 52-0. Mooi so Nellies!

BENDRE HERHOLDT   OSCAR SCHULD

Bendre Herholdt                                                     Oscar Schuld

 

 

 

 

Mpumalanga FORD-CUP 7’s toernooi.

 

 

Die Nellies 7’s span het die afgelope naweek in die Mpumalanga Ford Cup 7’s toernooi deelgeneem. Hulle eerste wedstryd was teen HTSM (2) en wen die Nellies 38-0. Hulle tweede wedstryd was teen Lowveld High en wen die Nellies 75-0. Die 3de wedstryd wen NHS teen Ermelo 28-7.

 

Die Nellies speel in die Semi-finaal teen Middelburg Hoërskool en wen ons 35-7. Die finaal teen HTS Middelburg het die Nellies weereens geseëvier met ‘n eindtelling van 19-7. Die Nellies staan slegs 21 punte af en teken 195 punte aan. Daniel Maartens teken die meeste punte aan (48). Nellies, ons is ongelooflik trots op julle! Welgedaan!!

 

458

FOTO : VLNR AGTER : BENDRé HERHOLDT, NICO VAN ROOYEN, STEFAN DE JAGER, ALTUS ANNANDALE, OSCAR SCHULD, WYNAND VISSER, MNR RUAN DELPORT, DANIEL MAARTENS, MNR CHRIS MANS

VOOR : MNR GERHARD HOLTZHAUSEN, WALDO PUTTER, MAURO BUCUCHANE, JOHAN OOSTHUIZEN (KAPTEIN), RUAN NEL, JACO JOUBERT

 

IMG00821-20130907-1544