Seekoei se groot hart as gr.10-biologiehulpmiddel aangewend

Seekoei se groot hart as gr.10-biologiehulpmiddel aangewend

August 29, 2018
|

‘n Anonieme ouer het onlangs hierdie seekoeihart aan Hoërskool Nelspruit se lewenswetenskappe (Biologie) departement geskenk.

Die gr.10’s behandel tans die hart en dit was ‘n welkome hulpmiddel in die klas.

Die seekoei was glo ernstig beseer en in pyn en lyding en is deur die owerhede van kant gemaak. Die hart is vir opvoedkundige gebruik aan die skool geskenk.