SA- Netbal

SA- Netbal

February 8, 2016
|

Nellie in SA-span opgeneem

IMG_8407

Hoërskool Nelspruit kondig met trots aan dat Carmen Cronjé die afgelope naweek tot die SA o/18 netbalspan verkies is.  Carmen wat verlede jaar in die SA-oefengroep ingesluit was, was vanjaar een van 25 spelers wat aan die SA-proewe by Hoërskool EG Jansen deelgeneem het. 

 

Dié span toer in April na Nieu-Seeland, waartydens Carmen haar stempel as hulpdoel sal afdruk.  Wedstryde sal onder andere teen Niew -Seeland, Australië, Maleisië en Engeland gespeel word.

 

Baie geluk Carmen!