Ryke medalje-oes vir NHS-atlete op Witrivier

Ryke medalje-oes vir NHS-atlete op Witrivier

October 31, 2017
|

Die jaarlikse ‘Triple J’-byeenkoms wat oudergewoonte deur Hoërskool Rob Ferreira aangebied is, was Saterdag 28 Oktober ‘n ware rekord- en medaljefees vir die groot groep Nellies wat aldaar hul slag gaan toon het.

NHS het in totaal 79 medaljes ingeoes: 41 goud, 20 silwer en 18 brons. Die gasheerskool was tweede (59 medaljes), gevolg deur skole soos Ermelo (39), Erasmus van Bronkhorstspruit (20) en HTS Witbank (ook 20). Vanjaar was 19 spanne in aksie, selfs van so ver as Louis Trichardt.

 

Die Nellies se gedugte en bekende slaankrag in worpe, het weer vir talle uitstaande vertonings gesorg, maar dit was ook duidelik dat die naellopers, hekkies- en middelafstandatlete, asook atlete in die spronge, baie belowende tekens begin toon. NHS gaan gewis weer in 2018 ‘n goed gebalanseerde span kan saamstel, een wat die skool se eer met trots sal kan verdedig. 

 

Benewens die talle medaljes wat huis toe gebring is, spog 10 van NHS se atletieksterre na dese met nuwe byeenkomsrekords. Hulle is:

 

Thembi Cossa (m.19): 1500m – 5:23.00 (was 5:30.22)

Shana Scott (m.14): skyfwerp – 30,66m (was 26,81m)

Douw Kruger (s.15): gewigstoot – 17,39m (was 15,70m)

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,85m (was 11,52m) *nuwe Nellie-rekord (was 11,77m)

Chyle van Zyl (s.16): gewigstoot – 15,04m (was 14,91m)

Nicci Viljoen (m.14): 300m hekkies – 49.17 sek. (was 49.70 sek.)

Van Reenen Kruger (s.14): 300m hekkies – 42.26 sek. (was 42.95 sek.)

Ruan Labuschagné (s.19): 400m hekkies – 56.30 sek. (was 56.48 sek.)

Suzaan Nel (m.15): 200m – 26.99 sek. (was 27.00 sek.)

Nicolize Aucamp (m.14): 400m – 62.26 sek. (was 63.41 sek.)

 

Ander pogings wat met goud bekroon is:

 

Devon Nell (s.16): 400m hekkies – 56.30 sek.; ook 400m – 52.42 sek.

Conrad Grobbelaar (s.15): 800m – 2:06.32; ook 1500m – 4:33.69

Luthando Mabuza (s.14): 800m – 2:18.19; ook 1500m – 4:53.56

Chyle van Zyl (s.16): skyfwerp – 41,17m

Henko de Nyschen (s.15): 200m – 23.82 sek.; ook 400m – 54.82 sek.

Terrance Terblanché (s.14): spiesgooi – 44,14m

Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies – 14.32 sek.

Naas Marais (s.19): skyfwerp – 49,04m

Janco Pretorius (s.16): spiesgooi – 55,20m

Inge Meyer (m.14): verspring – 4,71m

Marné van Aarde (m.19): skyfwerp – 35,22m

Ilke Joubert (m.19): spiesgooi – 32,52m

Christine Kruger (m.15): gewigstoot – 11,59m; ook skyfwerp – 28,63m

Shana Scott (m.14): gewigstoot – 10,91m; ook spiesgooi – 30,88m

Mila de Villiers (m.15): 800m – 2:35.65; ook 1500m – 5:17.41

Suzaan Nel (m.15): 100m – 13.16 sek.; ook 400m – 61.86 sek.

Michelle Bouwer (m.16): spiesgooi – 33,29m

Zanelle Moller (m.16): 100m hekkies – 17.84 sek.

Megan Nel (m.16): verspring – 4,72m

Nicola Cronjé (m.16): 400m – 60.74 sek.; ook 800m – 2:25.86

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 13.27 sek.

 

Die volgende Nellies het silwer verower:

 

Marcel Saayman (s.15): spiesgooi – 49,39m

Charlie Naudé (s.19): 1500m – 4:24.37

Douw Kruger (s.15): skyfwerp – 52,51m

Attie Smit (s.15): 800m – 2:08.37

Coben Putter (s.16): skyfwerp – 36,88m

Ruan Labuschagné (s.19): 400m – 52.86 sek.

Van Reenen Kruger (s.14): spiesgooi – 41,30m; ook 400m – 58.00 sek.

Chyle van Zyl (s.16): spiesgooi – 53,33m

Matthys Wessels (s.16): 1500m – 4:23.22

Devon Nell (s.16): 200m – 23.87 sek.

Ilke Joubert (m.19): skyfwerp – 28,24m

Chanté Nel (m.19): 400m hekkies – 73.85 sek.

Marné van Aarde (m.19): spiesgooi – 31,08m

Thembi Cossa (m.19): 800m – 2:32.43

Melissa le Clus (m.16): 1500m – 5:43.00

Wilmi Basson (m.14): 800m – 2:39.29; ook 1500m – 5:21.06

Megan Nel (m.19): driesprong – 10,29m

Jessica Berry (m.16): 800m – 2:31.62

 

Derdeplekke (brons) is verwerf deur:

 

Xolani Mazibuko (s.16): 100m – 11.83 sek.

Estian Schroeder (s.19): gewigstoot – 12,29m

Attie Smit (s.15): 1500m – 4:39.25

Devon Nell (s.16): 110m hekkies – 15.62 sek.

Kendrick Salmans (s.15): 400m – 55.64 sek.

Andreas van Heerden (s.16): 1500m – 4:26.50

Angelique Nel (m.15): 1500m – 5:32.65

Lané Taljaard (m.14): hoogspring – 1,45m

Thembi Cossa (m.19): 400m – 63.28 sek.

Johke Liversage (m.15): 800m – 2:39.13

Chantel Olivier (m.15): hoogspring – 1,40m

Nicci Viljoen (m.14): 200m – 27.88 sek.

Nicolize Aucamp (m.14): 200m – 27.88 sek.

Chanté Nel (m.19): 200m – 28.68 sek.; ook 100m – 13.85 sek.

Melissa le Clus (m.16): 800m – 2:37.03

Nicola Cronjé (m.16): 200m – 28.53 sek.

 

As die afgelope maand of twee se uitslae onder die loep geneem word, blyk dit duidelik dat ‘n opwindende atletiekseisoen in 2018 op ons wag! Baie sterkte aan ons staatmakers, atlete en afrigters, wat sekerlik van hulle vakansietyd gaan opoffer om fiks en slaggereed te wees wanneer die 2018-seisoen in alle erns sal begin.