Rhino Rugby-wynveiling 'n groot sukses

Rhino Rugby-wynveiling ‘n groot sukses

March 1, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het Vrydag 16 Februarie ‘n wynveiling ter fondsinsameling van die skool se Rhino Rugby aangebied.

Fondsinsamelings soos hierdie poog om druk van ouers te verminder wat behels die koste van sporttoere wat jaarliks toeneem. Toere gee NHS se sportmanne en -vroue die geleentheid om teen ander skole in die land deel te neem, hul self te meet, groter blootstelling te kry en sodoende meer diepte in hul verskeie sportsoorte te ontwikkel.

Nie net het Vrydagaand se wynveiling as fondsinsameling vir die rugby gedien nie, maar die aand is ook moontlik gemaak deur verskeie borge. Die skool bedank veral Sam Segopane van Van’s Auctioneers asook  Devril Boucher, die gasspreker van die aand, borge, ouers en die Laeveldse rugbygemeenskap wat die geleentheid moontlik gemaak het.

Bykans 190 gaste het die aand bygewoon en alle verwagtinge oortref wat die fondsinsameling aanbetref. Die o/14A en o/16A-rugbyspanne sien nou uit na hul toer na Paarl Gimnasium, die o/15A’s na Affies en die eerste span na St. Johns tydens die April-vakansie.

Rhino Rugby bedank graag die volgende persone en instansies vir hul skenkings wat die wynveiling ‘n groot sukses gemaak het: 

 

Elke gasvrou en persone wat aand bygewoon het.

4 Keep sake Nelspruit

Foodlovers

Westend Spar

Amigo Mango

Francine’s

Vleispaleis

Mario’s Slaghuis Witrivier

West Pack Lifestyle

El Madre

Belladona Slaghuis

BUCO

Courtside Spar

Rassie van Vuuren

Jimmy Stonehouse

Righard Meyer

Wimpie van der Walt

Marinda Rheeder

Elna Malan

Emsie Nel