NHS Standard Bank Skouspel 2017 skop af!

NHS Standard Bank Skouspel 2017 skop af!

December 5, 2016
|

 

 

1l1a3679

Sien byskrifte onder

Die voorbereiding vir Hoërskool Nelspruit se Standard Bank Skouspel van 2017 het met ‘n sang-oefenkamp asook sangopnames wat vanaf 25 November tot 1 Desember plaasvind, afgeskop.

Die gemeenskap kan uitsien na nege vertonings wat vanaf 8 tot 13 Mei 2017 in die stadsteater aangebied sal word. Daar is 60 leerlinge wat sal optree, waarvan 22 leerlinge in die sanggroep is.

Mnr. Johan Ferreira, wat vir die afgelope 16 jaar by NHS se revueproduksies betrokke is, sal weer vanjaar as tegniese regisseur optree, terwyl me. Marlee van der Merwe die musikale regisseur is.

Die vervaardiging word deur mnr. Henré Bornman, wat ook reeds 9 jaar deel is van die produksiespan, hanteer.  Die verwerking van die musiek word vanjaar deur die oud-Nellie mnr. Murray Lubbe gedoen.

‘n Choreografiekamp sal op 30 Januarie 2017 deur mnr. Ferdinand Gernandt aangebied word.  NHS het by vanjaar se revue gala-aand aan hom erkenning gegee vir sy aandeel in die afgelope 10 jaar se revueproduksies.

NHS is opreg dankbaar vir Standard Bank se betrokkenheid en volgehoue ondersteuning om ‘n bydrae te gelewer in die realisering van die doelwitte wat daar vir NHS se Standard Bank Skouspel van 2017 gestel is.

FOTO

Agter: Gerhard van der Merwe; Janke Visser; Terese Vorster; Mariska Taljaard; Jessica Berry; Melvin van Rooyen.

2de Ry: Keandri van Wyk; Johan Ferreira; Marlee van der Merwe; Henré Bornman; Zanne Schutte.

1ste Ry: Carli Kilian; René Bekker; Shannon Visagie; Lizamari Führie; Lauren Viljoen; Nina van Eeden; Leandi Viljoen.

Voor: Franko Maree; Christoph Mans; Charles de Kock; Cobus Viljoen; Theo van der Westhuizen; JC Taljard