Revue 2017 ‘n skouspel van talent

Revue 2017 ‘n skouspel van talent

May 23, 2017
|

Verlede jaar (2016) het 20 jaar van revue by NHS gedenk. Skouspel 2017 begin ‘n nuwe fase wat afskop met die openingslied “Kyk hoe lyk ons nou..”. Die stad kon van 8-13 Mei tydens nege vertonings kom aanskou in hoe mate die skool se revue gegroei het, en bykans 5000 mense het.

 

Bekende Afrikaanse liedjies soos “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie” en “Spieëltjie” was deurlopend deel van die program. Die “medleys” wat begin het in die ‘70’s met die “bell-bottoms” en “minis” op die verhoog, gevolg deur die ‘80’s, ‘90’s en 2000’s het gewilde liedjies saamgesmelt en die gehoor teruggevoer na goeie herinneringe.

 

Die seuns se danspassies in hulle “mash-up” het die vertoning ‘n moderne aanslag gegee en veral “Briljantjie” het impak gemaak, terwyl die “acapella medley” asems weggeslaan het met die leerders se indrukwekkende stemme.

 

As finale het die sanggroep afgesluit met “Ek sal nie bang wees nie”.

 

“Goeie choreografie, dekor en musiek het Skouspel 2017 beslis as een van die hoogtepunte op NHS se kultuurkalender geplaas,” sê me. Ezette Mans – voorsitter van die skool se revue-komitee. Die skool bedank ook graag die hoofborg, Standard Bank wat die revue moontlik maak te same met ander borge wat bydraes gelewer het.

 
Prysuitdeling:
1. Beste Danser: Dogter – Anré Scheepers
2. Beste Danser: Seun – Rainer Spruyt
3. Beste Sanger: Dogter – Nina van Eeden
4. Beste Sanger: Seun – Christoph Mans
5. Beste Nuweling – Lisa Struwig
6. Beste Kunstenaar: Dogter – René Bekker
7. Beste Kunstenaar: Seun – Charles de Kock

 

Foto’s: Riaan Swanepoel & Ernst Pieterse