Protea-netbalafrigter bied kliniek aan

Protea-netbalafrigter bied kliniek aan

March 8, 2019
|

Nellie-netbalspelers het 4 en 5 Maart die voorreg gehad om saam met die voormalige Protea-afrigter, Elize Kotze, en  Erin Burger, te oefen. Erin wat ook ‘n Protea-speler is, het met haar uitstekende kennis en vaardighede van die sport die kliniek saam met die ervare Elize aangebied. “Met die eerste wedstryd reeds dié naweek teen Monument, is ons gelukkig dat die spelers soveel geleer het,” sê Lentsa Motau, afrigter van die eerste netbalspan.