Pro-Twenty 0/15

Pro-Twenty 0/15

February 1, 2016
|

0/15-krieketspan stuit Menlopark

 

NHS se o/15 krieketspan het die afgelope naweek, in die Finsbury Super 24-reeks, teen Hoërskool Menlopark te staan gekom en hul opponent op hul tuisveld uitoorlê.

Menlopark het eerste gekolf en 191 vir 10 paaltjies in 45.1 beurte aangeteken.  Duan Bekker het ‘n uitstekende vertoning gelewer en drie paaltjies vir ses lopies in ses beurte geneem.

Die Nellies het egter 192 lopies in 39.5 beurte aangeteken en met 7 paaltjies geseëvier.  Tristan Parnell (65 lopies) en Neil Henning (51 lopies) is as die beste kolwers aangewys.