Padfiets: Nellies presteer by provinsiale kampioenskappe

Padfiets: Nellies presteer by provinsiale kampioenskappe

January 22, 2018
|

Baie geluk aan Ruben Helberg wat aan die Mpumalanga Kampioenskappe in Badplaas deelgeneem het. Hy het sy Mpumalanga-kleure verwerf na uitstekende prestasies in die onderskeie afdelings! Hijke Coetzee het vier eerste plekke in verskeie kategorieë in dogters o/17 gewen. Dit wil gedoen wees! #nellietrots

Sias Joubert het vanaf Saterdag 13 Januarie tot Donderdag 18 Januarie saam met sy span, ‘Office Guru Racing’ (Johannesburg), aan die Mpumalanga 6 Day Multi-Stage

Tour 2018 deelgeneem. Die toer het by Blyderivier Forever Resort begin en by Loskopdam geëindig en top professionele spanne het hier deelgeneem.
Sias was een van die 50 deelnemers wat die toer kon voltooi.
Twee dae later het Sias met baie moeë bene ook aan die Mpumalanga Kampioenskappe deelgeneem waar hy ‘n eer eerste plek in die 20km tydren en tweede plek in die padresies behaal het. Baie geluk! #nellietrots #nellieguts

 

                                                                    Ruben Helberg.