Oud Nelliebond

Oud Nelliebond

OUD- NELLIEBOND

Hallo mede Oud-Nellies

Welkom by ons “nuwe gesig” webtuiste; “new look website” sou nie gewerk het nie agv die puriste aard van ons ou skool…Nee, dis net ‘n grappie, NHS is nie net puristies en karaktervol nie, maar ook modern en vol energie!

Oral oor hoor jy net goeie dinge, baie goeie dinge, van NHS. Nou weet ek nie of hulle daar ‘n mafia het wat al die slegte nuus toesmeer of laat “verdwyn” nie, maar iets doen hulle reg. Maar, ek onthou die skool as onkreukbaar en trots en daarom kan ek nie my bande met die skool breek nie, ek wil nog deel van NHS wees en in kontak bly met die skool en almal wat ek daar bevriend het.

Die Oud-Nelliebond is eintlik ‘n formaliteit. Meeste van die ander groot skole in die land het reeds ‘n oud-leerling en-onderwyserbond en dit was tyd dat NHS dit ook kry. Wat kry jy, as oud-leerling of oud-onderwyser om by die bond aan te sluit:

1. Lidmaatskap tot die Bond en die databasis;
2. Gereelde “updates” oor gebeure by die skool en sportuitslae;
3. Inligting oor jaarlikse funksies en golfdae;
4. Opsoek van ou skool vriende en vriendinne.

Verder beplan die ONB komitee om ook alle Oudnellies te nooi vir oa sportbyeenkomste om net lekker saam te kuier.

Volg gerus al die skakels vir meer besonderhede.

Die Komitee sien uit na almal se aansluitings.

Groete,

ONB Komitee

http://www.oudnellies.co.za