Oud-Nellie netbalspeelsters presteer op tersiêre vlak

Oud-Nellie netbalspeelsters presteer op tersiêre vlak

February 28, 2018
|

Vier oud-Nellie eerstespan-netbalspeelsters presteer tans by Maties sowel as die Pukke.

Carmen Cronjé wat in 2016 die eerste span kaptein was, Tania Hlabani wat die posisie in 2017 beklee het en Inge Janse van Vuren wat ook verlede jaar deel van die span was, is nou in Maties se Top 20 High Performance-groep ingesluit.

Volgens Maties-afrigter Zanele Mdodana is hulle hardewerkers wat toegewyd is en alles gee. “Hoewel Carmen verlede jaar beseer is en ‘n knie-operasie moes ondergaan, het sy baie sterk teruggekom danksy goeie rehabilitasie.”

Nog ‘n oud-Nellie wat in 2016 in die skool se eerste span ingesluit was, Mbali Mabuza, speel nou vir die Pukke o/19-span en is deel van die High Performance-groep wat verlede jaar die nasionale kampioenskappe gewen het. Volgens Heléne Botha van die Puk is sy ‘n integrale deel van die span en met harde werk kan sy reeds hierdie jaar in die senior groep opgeneem word.

Hoërskool Nelspruit se netbalorganiseerder, Reneé Adendorff wens hulle alle sterkte vir die toekoms. “Ons sien uit daarna om hulle prestasies te volg.”

Tania Hlabani, Inge Janse van Vuren en Carmen Cronjé.

 

Mbali Mabuza.