OPEDAG 2016

OPEDAG 2016

May 13, 2016
|
Hoërskool Nelspruit was op 9 Mei ‘n byenes van bedrywighede toe voornemende graad 7-leerlinge die skool se jaarlikse opedag bygewoon het. Die dag was ‘n groot sukses en NHS se visie, sowel as al sy aktiwiteite en fasiliteite is aan meer as 600 leerders asook ouers bekendgestel.
Leerders en ouers het ‘n kort inligtingsessies bygewoon waarna die besoekers ‘n toer van die skool meegemaak het. 'n Oorsig oor leerderaktiwiteite sowel as koshuisinwoning is gegee en leerders was stomgeslaan deur interesante eksperimente en disseksies in onderskeidelik die wetenskap- en biologieklas.
‘n Kultuurkronkel het aan die leerders ‘n voorsmakie gegee van die verskeidenheid kultuuraktiwiteite wat deur die skool se nuutgevestigde kultuurburo aangebied word. Die graad 7’s is vermaak deur optredes en uitstallings van die skool se drama, sang, orkes, debat, redenaars, kuns, skryfskool en fotografiegroepe. Die leerders en ouers het gou besef dat diegene wat Hoërskool Nelspruit as hul toekomstige alma mater kies, deel sal uitmaak van 'n trotse tradisie van uitnemendheid