Ontmoet drie top Nellie-atlete

Ontmoet drie top Nellie-atlete

November 22, 2018
|

Bronwen Crawford-Brunt en Carmi Steyn

 

‘n Hele paar top Nellie-atlete het van 21-24 Maart aan die SA Atletiekkampioenskappe deelgeneem en die skool se naam hoog gehou. NH Kletser het na afloop van die atletiekseisoen met ‘n paar top Nellie-atlete gaan gesels oor hulle prestasies. 

 

Christine Kruger – Gewigstoot

• Wat was die hoogtepunt van jou seisoen? 

Ek het 12,99m by die Super Interhoër gestoot

• Wat was die laagtepunt van jou seisoen?

Ek het 11m by die Laeveld Interhoër gestoot. 

• Wat was die beste deel van die atletiekseisoen vir jou?

My worpe-familie is vivr my die lekkerste deel van die atletiekseisoen.

• Wat was jou tyd/afstand by die SA’s?

12.44m

• Wat is jou persoonlike beste? 

12.99m en dis 1cm weg van die Nellie-rekord.

 

Jessica Berry – Langafstande

• Wat was die hoogtepunt van jou seisoen? 

My 1500m-wedloop by Affies waar ek my beste tyd van die seisoen gehardloop het.

• Wat was die laagtepunt van jou seisoen?

Ongelukkig die SA’s want ek het ‘n swak tyd gehardloop en nie my doelwit bereik nie.

• Wat was die beste deel van die atletiekseisoen vir jou?

Dit was vir my baie lekker om my ou vriendinne weer te sien by byeenkomste.

• Wat was jou tyd/afstand by die SA’s?

Ek sal eerder nie sê nie.

• Wat is jou persoonlike beste? 

4.49min

 

Jaytee Boers – Naellope

• Wat was die hoogtepunt van jou seisoen? 

Ek het vir Amos Khoza (voormalige SA-kampioen) gewen by die SA’s en my persoonlike beste daar gehardloop. 

• Wat was die laagtepunt van jou seisoen?

Ek het nie my doelwit bereik om onder twee minute die 800m te hardloop by byeenkomste nie, maar het dit wel by oefeninge reg gekry. 

• Wat was die beste deel van die atletiekseisoen vir jou?

My Spetznas familie by Oom Charl wat my motiveer.

• Wat was jou tyd/afstand by die SA’s?

1.54min

• Wat is jou persoonlike beste? 

1.54min