O/15-sewesrugbyspan wen Bergvlam-toernooi

O/15-sewesrugbyspan wen Bergvlam-toernooi

September 18, 2017
|

Baie geluk aan die o/15’s wat die Bergvlam 7’s toernooi die naweek gewen het. Hulle het in die finaal teen Rob Ferreira te staan gekom. Die o/17’s was naaswenners gewees nadat  hulle teen Waterkloof verloor het. Albei spanne speel die naweek in die Noordvaal 7’s te Menlopark en vertrek reeds Vrydag vroeg.