o/15A-netbalspan presteer by Kay Motsepe nasionale toernooi

o/15A-netbalspan presteer by Kay Motsepe nasionale toernooi

August 27, 2019
|

Die o/15A-netbalspan het 22-25 Augustus aan die Kay Motsepe nasionale toernooi wat hierdie jaar by Hoërskool Bekker aangebied is, deelgeneem. Ses-en-dertig top netbalspanne in dié ouderdomsgroep het die toeskouers trakteer op netbal uit die boonste rakke.
Die span se afrigter, mev. Renée Adendorff is baie trots op die dogters. Sy sê die span was gefokus en baie gedetermineerd. Hulle het tydens strawwe kompetisie koelkop gebly en uitstekend presteer.
Haar netbalspan het elf wedstryde gespeel en net vier van dié met enkele doele verloor. Die span eindig in die top 10 wat ‘n uitsonderlike prestasie is. Hulle is beslis ‘n span om in die toekoms dop te hou!

Uitslae:
19-10 wen teen Modilati
28-8 wen teen Kgapamadi
27-6 wen teen Augrabies
30-8 wen teen Mbezeni
11-18 verloor teen Dispatch
19-20 verloor teen Sentraal
26-10 wen teen Hlabi
10-15 verloor teen Paarl Girls
17-15 wen teen Pearson
12-11 wen teen Duineveld
16-21 verloor teen Sentraal

Die span bedank graag die afrigters en ouers wat hulle ondersteun het.