Nuwe wiele vir die Nellies

Nuwe wiele vir die Nellies

September 13, 2018
|

Hoërskool Nelspruit spog met twee splinternuwe bussies om leerders te vervoer – ‘n nuwe Nissan en Mercedes Sprinter!

Dit kom nadat die o/17-netbalspan van me. Reneé Adendorff vroeër die jaar aan die Integrated School Challenge deelgeneem en hul ouderdomsgroep gewen het! Die skool het sodoende ‘n bus as prys losgeslaan, wat later ingeruil is vir ‘n meer praktiese oplossing: Oom Hendrik II is ingeruil vir ‘n splinternuwe Sprinter wat nou Oom Hendrik die derde sal wees, terwyl die bykomende Nissan as Panther gedoop is – na die netbalspan wat verantwoordelik is vir die nuwe wiele.

#nellietrots #panther #oomhendrikIII