Noordvaal Toernooi

Noordvaal Toernooi

 NOORDVAAL TOERNOOI

 

 

Hoërskool Nelspruit se O/16 seuns hokkiespan het die afgelope naweek 4de geëindig in die Noordvaal toernooi.   Hoogtepunte van die toernooi was die Nellies se oorwinning van 3-2 oor St Conrads College, asook die weghol-oorwinning van 7-1 in die kwarteindronde teen Stanford Lake College. In die uitspele vir derde en vierde plek moes die “sudden death”-reël in werking tree om die wedstryd teen Potch Gimnasium te beslis. NHS moes egter die knie buig teen hul opponent met 4-5.

Die O/14 seuns hokkiespan eindig negende.

Baie dankie vir die goeie motivering en positiewe gesindheid waarmee hierdie spanne, asook die eerste dogters hokkiespan en die O/15’s dié strawwe toernooi benader het.