NHS wen 7’s rugby by Lowveld High toernooi

NHS wen 7’s rugby by Lowveld High toernooi

August 20, 2019
|

Die afgelope naweek het NHS se o/15- en o/17-spanne deelgeneem aan Lowveld High se 7’s rugbytoernooi. Veertig rugbyspanne het aan hierdie byeenkoms deelgeneem.

Die o/17-span het teen Ermelo, Penryn, Kanonkop en Barberton gespeel waarna hulle in die semifinaal teen Lowveld High en in die finaal teen Rob Ferreira te staan gekom het. Die finaal het skitter rugby opgelewer met die Robbies wat nie teruggehou het met spoed en uitstekende vaardighede nie. Die Nellies het egter die nodige dissipline en deursettingsvermoë getoon en het met 28-17 die wedstryd gewen.

Die o/15 span het teen Kanonkop, Barberton, Penryn en in die finaal teen Oosterland gespeel waar hulle uiteindelik die wedstryd beklink het met 38-0. Tydens hierdie wedstryde staan hulle net 7 punte af teen Penryn.
Die afrigters is baie trots op die spelers en sien uit na die komende seisoen.