NHS-swemmers wen wéér Interhoër-swem

NHS-swemmers wen wéér Interhoër-swem

April 1, 2019
|

Toewyding en ‘n onblusbare spangees, sorg dat die Nellies die jaarlikse Ehlanzeni Interhoër Gala wéér wen. Die gala het plaasgevind by Van Riebeeck Park, Woensdag 20 Februarie en Curro Nelspruit, Penryn College, Uplands College, Rob Ferreira, Hoërskool Barberton en Komatipoort Akademie het die byeenkoms bygewoon.

Die jaar se swem-interhoër sal onthou word vir die puik vryslag aflos (o/14) van Dian de Klerk, Janco Rademeyer, Rossouw Janson en Terblanche de Kock. Hul breek ‘n rekord wat in 1968 deur Lowveld High opgestel is met 0.38 sekondes. Die o/16 dogters, Mia Viljoen, Naomi van der Nest, Nikki Viljoen en Izanie van der Merwe breek die 1996 rekord wat deur Lowveld High opgestel is met 2.42 sekondes. 

Die Nellies eindig met 40 eerste plekke, 42 tweede plekke en 12 derde plekke. Uiteindelik was dit NHS met sy groottotaal op 1 100, wat as 2019-wenners gekroon is.

Ander rekords:
Jetro Piso met 100m vryslag (o/19) en 100m vlinderslag (o/19).
Nikki Viljoen met 50m rugslag (o/16).
Gemengde aflos dogters – o/17 en seuns o/19 vryslag.