NHS-swemmers kraai koning by 2018-interhoër

NHS-swemmers kraai koning by 2018-interhoër

February 28, 2018
|

Terwyl Nelspruit Curro en Penryn College deurentyd in ‘n stryd om die tweede- en derdeplekke gewikkel was, was dit Hoërskool Nelspruit wat die botoon gevoer het deur vanjaar die seuns-, meisies- en groottotaal trofeë (by die jaarlikse interhoërgala) huis toe te bring. Die Nellies-seuns – wat vir vyf splinternuwe rekords verantwoordelik was – was met 497 punte, veels te sterk vir Curro (313), Penryn College (311) en Rob Ferreira (254). Ook die meisies (441) het te veel skietgoed vir Curro (347), Penryn College (336) en Uplands (ook 336) gehad.

Giano dos Santos (s.16) was vir twee puik rekordpogings verantwoordelik. Hy wen die 50m rugslag in ‘n uitstekende tyd van 30.49 sek. en was ook in die 50m vlinderslag in ‘n rekordbui (28.09 sek.).

Jetro Piso (s.16 en ouer) het korte mette van die rekord in die 200m individuele wisselslag (2:21.89) gemaak, toe hy die afstand in 2:15.70 voltooi het. Nellies se swemmers in die 200m vryslag aflos, het die rekords vir seuns 16 en 17 uit die boeke gevee. Die onder 16’s se tyd van 1:50.02, het die vorige beste tyd (Lowveld High, 1997 – 2:51.32) verpletter. Die onder 17’s het met ‘n nuwe rekordtyd van 1:51.59 (was 1:52.73) ‘n strawwe teiken gestel wat die huidige onder 16’s, vir volgende jaar in die oog kan hou.

Onder die meisies, moet die naam van Nicci Viljoen (m.15) sekerlik uitgesonder word. Hierdie kranige sportmeisie het in beide die 50m rugslag (33.94 sek.) en 50m vryslag (29.12) baie na aan die voormalige SA-kampioen, Vanessa Sutherland, se rekords van 33.90 sek. en 29.02 sek. gedraai.

Nicci was dan ook die anker in die m.15 se rekordpoging van 2:05.62 in die 200m vryslag aflos, waarmee hulle kleingeld van Lowveld High se ou rekord van 2:08.17 (in 1996 opgestel) gemaak het.  In die gemengde aflos (200m wisselslag) vir onder 16’s, het die Nellies die vorige rekord van 2:19.89 na kinderspeletjies laat lyk, toe hulle die stophorlosie op ‘n skitterende 2:07.43 laat druk het.

Foto’s: Handré Homann

 

NHS se swemsterre het ‘n indrukwekkende medalje-oes ingesamel. Individuele medaljes is deur die volgende swemmers verower:

 

Eersteplekke (goud)

 

Jetro Piso (s.16): 200m individuele wisselslag – 2:15.70; ook 100m vryslag – 59.57 sek.; 100m vlinderslag – 63.53 sek.; 50m vlinderslag – 28.12 sek.; en 50m vryslag – 26.40 sek.

Lomar Botha (s.14): 50m rugslag – 37.08 sek.

Giano dos Santos (s.16): 50m rugslag – 37.08 sek.; ook 50m vlinderslag – 28.09 sek.; 100m borsslag – 72.84 sek.; en 100m rugslag – 65.26 sek.

Maarten Venter (s.17): 50m rugslag – 31.66 sek.

FJ Mentz (s.19): 50m rugslag – 31.68 sek.

Gerard Venter (s.15): 100m vryslag – 62.04 sek.

Hannes Feuth (s.14): 50m borsslag – 36.99 sek.; ook 50m vryslag – 31.21 sek.

Shane Jonker (s.19): 100m vlinderslag – 63.53 sek.

Robbie Drummond (s.16): 50m vryslag – 26.33 sek.

Ruben Terblanché (s.15): 100m rugslag – 76.25 sek.

 

Nicci Viljoen (m.15): 50m rugslag – 33.94 sek.; en 50m vryslag – 29.12 sek.

Jeanne Joubert (m.17): 50m vryslag – 32.57 sek.

 

Tweedeplekke (silwer)

 

Giano dos Santos (s.16): 200m ind. wisselslag – 2:16.54

Ruben Terblanché (s.15): 50m rugslag – 34.98 sek.

Robbie Drummond (s.16): 50m rugslag – 32.59

Marshall van Eyssen (s.15): 50m borsslag – 39.16 sek.

Zander vd Merwe (s.16): 50m borsslag – 35.24 sek.

Rico van Greunen (s.17): 50m borsslag – 35.99 sek.

Gerard Venter (s.15): 100m vlinderslag – 73.13 sek.; ook 50m vlinderslag – 30.75 sek.; en 50m vryslag – 27.99 sek.

Lomar Botha (s.14): 50m vlinderslag – 38.02 sek.

Hannes Feuth (s.15): 100m borsslag – 86.74 sek.

Maarten Venter (s.17): 50m vryslag – 26.81 sek.

 

Danje Obermeyer (m.14): 50m rugslag – 37.70 sek.; ook 50m vryslag – 30.60 sek.; en 100m rugslag – 79.64 sek.

Tayla Kotzee (m.16): 50m rugslag – 35.38 sek.; ook 50m vlinderslag – 34.64 sek.

Milda van Dyk (m.16): 100m vryslag – 70.21 sek.;

Melissa Pretorius (m.17): 50m rugslag – 39.02 sek.

Izani vd Merwe (m.15): 50m borsslag – 38.85 sek.

Carla Mouton (m.16): 50m borsslag – 37.98 sek.

Lianie J.van Vuuren (m.17): 50m borsslag – 43.67 sek.

Micca Steyn (m.14): 50m vlinderslag – 33.39 sek.

Jessica Leicester (m.17): 50m vlinderslag – 35.20 sek.

Elzanie Rademeyer (m.16): 100m borsslag – 1:34.78

 

Derdeplekke (brons)

 

Ruben Terblanché (s.15): 200m indiv.wisselslag – 2:54.76

Rico van Greunen (s.17): 50m rugslag – 34.40 sek.

Dylan Mulder (s.16): 50m borsslag – 36.01 sek.

Zander vd Merwe (s.16): 50m vryslag – 28.83 sek.

FJ Mentz (s.19): 50m vryslag – 27.11 sek.

 

Carla Mouton (m.16): 200m indiv.wisselslag – 2:53.07; ook 50m vlinderslag – 35.36 sek.

Izani vd Merwe (m.15): 50m rugslag – 41.58 sek.

Lauren Viljoen (m.19): 50m rugslag – 38.92 sek.

Mia Viljoen (m.15): 100m vryslag – 68.46 sek.

Wilmien vd Merwe (m.14): 50m borsslag – 48.99 sek.

Elzanie Rademeyer (m.16): 50m borsslag – 42.00 sek.

Naomi vd Nest (m.15): 50m vlinderslag – 34.60 sek.

Jeanne Joubert (m.17): 50m vlinderslag – 35.31 sek.

Micca Steyn (m.14): 50m vryslag – 32.61 sek.

Milda van Dyk (m.16): 50m vryslag – 31.67 sek.