NHS sluit Mpumalanga-dogtershokkieliga op goeie noot af

NHS sluit Mpumalanga-dogtershokkieliga op goeie noot af

June 26, 2017
|

Hoërskool Nelspruit het die afgelope Mpumalanga-hokkieseisoen goed afgesluit tydens Saterdag 24 Junie 2017  se semifinale en finale wedstryde wat by Curro en tuis aangebied is.

In die semifinale kon NHS se tweedes daarin slaag om teen HTS Witbank 3-0  te wen en het hulle in die finaal teen Ermelo te staan gekom op die Nellies se Astro-hokkieveld, om uiteindelik gesamentlik as ligawenners uit die stryd te tree.

Die o/14’s het hulle semifinaal 2-0 teen Volksrust en gewen en moes in die finaal HTS Witbank by Curro se velde aanpak. Hier het NHS met ‘n oortuigende 4-0 as Mpumalanga-kampioene geëindig.

NHS se o/15’s  moes teen Ligbron speel in die semifinaal en het met ‘n telling van 2-1 as oorwinnaars uit die stryd getree, maar 0-1 in die finaal teen HTS Witbank verloor om algeheel tweede in die liga te eindig.

By die o/16’s kon ‘n beslissing eers na die agt sekonde “shoot-uit” bereik word met NHS wat deurgegaan het na die finaal teen Ermelo by Curro, waar hulle 0-3 verloor het en soos die o/15’s ook tweede in die liga lê.

NHS se eerste span het hul semifinaal teen HTS Witbank 3-2 gewen en uiteindelik die Mpumalanga-liga as die Puma-kampioene afgesluit na ‘n 2-1 oorwinning teen Middelburg Hoërskool op Curro se veld.

Foto’s: Hennie Homann | Africa Photographic Services