NHS se atletiekspan tree met eer uit die Super Interhoër-stryd

NHS se atletiekspan tree met eer uit die Super Interhoër-stryd

March 6, 2017
|

Die jaarlikse Super Interhoër (A-bond) wat op Woensdag 1 Maart op Orkney aangebied is, het vanjaar van die spannendste atletiek in baie jare, opgelewer. Verlede jaar se wenners van die B-bond (Prestige College van Pretoria) het verras deur vanjaar ook die A-bond te wen. Hulle eindtelling van 742, was een te veel vir Helpmekaar (673) en Monument (623). Maar, dit was die stryd tussen Kemptonpark (586), Garsfontein (570), Waterkloof (548) en NHS (532) wat die groot skare heeldag op die punte van hulle sitplekke gehou het!

In ‘n kompetisie waar 9 punte vir ‘n eersteplek toegeken word, is ‘n verskil van net 16 (Waterkloof voor Nelspruit) werklik nie veel nie. Enigeen van genoemde vier skole was deurentyd geposisioneer om uiteindelik die ander drie te troef. NHS se seuns (293) kan werklik baie trots op hulle vierdeplek wees! Hulle slaag daarin om voor Helpmekaar (292), Garsfontein (278), Waterkloof (269) en Kemptonpark (243) te eindig – ‘n groot prestasie! Die beseringspook het Nellies se meisies harde bene laat kou, met ster-atlete soos Cherise van Duyker en Anke Engelbrecht buite aksie, asook nog ‘n paar wat a.g.v. terugslae, nie op hul heel beste was nie. Die Laevelders het egter verbete geveg,  soos die feit dat NHS se groottotaal van 532, meer is as die 522 wat die skool in 2016 kon aanteken, bewys. Die Nellies het hard probeer, maar kon nie die relegasiespook besweer nie.

Om in die A-bond, met ‘n goue medalje om die nek te kan spog, is min beskore. Vyf Nellies kan met hierdie uitsonderlike prestasie spog. Ouboet (Naas) en kleinboet (Jacques) Marais het vir ‘n unieke tweekuns gesorg, toe beide die skyfwerptitel in hul afsonderlike ouderdomsgroepe, ingepalm het.

Naas (s.19 – 50,55m) en Jacques (s.15 – 52,59m) het die kroon op ‘n baie suksesvolle skole-seisoen gespan. Nog twee atlete uit NHS se gedugte ‘worpe-fabriek’, het goud verower. Spiesgooiers Stephan vd Bank (s.19 – 58,65m) en Stefan Smit (s.17 – 67,29m) het hul afrigter, mnr. DP Badenhorst, breed laat glimlag. Verder het Limari Potgieter (hoogspring, m.17) gewis die aandag getrek toe sy op ‘n praghoogte van 1,65m oor die dwarslat geseil het – ‘n volle 10cm hoër as Helpmekaar se Kara van Zyl, wat tweede was.

Spesiale vermelding moet sekerlik ook van die 400m hekkies gemaak word. Vir die eerste keer sedert die glorieryke dae van Adriaan en Francois Vermaak, kon NHS-atlete weer daarin slaag om hierdie moordende wedloop (seuns), in minder as 55sek. te voltooi. Ruan Labuschagné (s.17 – 54.43 sek.) en Duvan van Duyker (s.19 – 54.61 sek.) verdien saam met hulle afrigter, spesiale applous.

 

NHS se medalje-oes vir 2017, sien soos volg daaruit (ABSA-punte bo 800, word in hakies aangetoon):

 

Seuns, goud (eersteplekke):

 

Jacques Marais (s.15): skyfwerp – 52,59m (1079)

Stefan Smit (s.17): spiesgooi – 67,29m (979) *Kwalifiserende afstand vir die Wêreld o/18-kampioenskappe is 66,00m.

Naas Marais (s.19): skyfwerp – 50,55m (814)

Stephan vd Bank (s.19): spiesgooi – 58,65m (809)

 

Meisies, goud:

 

Linmari Potgieter (m.17): hoogspring – 1,65m (910)

 

Seuns, silwer (tweedeplekke):

 

Douw Kruger (s.15): gewigstoot – 15,90m (953)

Ruan Labuschagné (s.17): 400m hekkies – 54.43 sek. (899)

Naas Marais (s.19): gewigstoot – 15,35m

Andreas van Heerden (s.17): 3000m – 9:31.73 (hy is nog onder 16)

 

Meisies, silwer:

 

Aflos, m.14 – 51.57 sek. (893). *Nuwe Nellie-rekord, was 51.97 sek.

Nicola Cronjé (m.16): 800m – 2:21.42 (867)

Suzaan Nel (m.15): 200m – 26.26 sek. (852); ook 100m – 12.87 sek. (827)

Marné van Aarde (m.17): skyfwerp – 32,77m

Nerina Visser (m.19): 400m hekkies – 63.31 sek.

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,48m

 

Seuns, brons (derdeplekke):

 

De Villiers Basson (s.19): 800m – 1:56.20 (898)

Van Reenen Kruger (s.14): 100m hekkies – 14.34 sek. (897); ook 300m hekkies – 41.95 sek. (848)

Devon Nell (s.16): 400m hekkies – 56.01 sek. (868); ook 110m hekkies – 15.04 sek. (839)

Lourens Potgieter (s.15): 400m – 53.08 sek. (841)

Duvan van Duyker (s.19): 110m hekkies – 15.50 sek.

Joao Christovam (s.19): verspring – 6,44m

Mackie Ngwenya (s.16): verspring – 5,77m

Wian Otto (s.17): gewigstoot – 14,66m

Aubrey vd Bank (s.16): spiesgooi – 52,43m

Stefan Smit (s.17): skyfwerp – 44,62m

 

Meisies, brons:

 

Shana Scott (m.14): skyfwerp – 29,97m (860); ook gewigstoot – 11,04m

Jana Engelbrecht (m.14): 100m – 12.95 sek. (849)

Aflos, m.15 – 51.47 sek. (843)

Jessica Berry (m.16): 1500m – 4:57.61 (811)

Tayla Kotzee (m.15): 90m hekkies – 14.31 sek.

Nicola Cronjé (m.16): 400m – 60.02 sek.

 

Daar was natuurlik nog ‘n hele rits ander uitstekende vertonings, onder andere:

 

Duvan van Duyker (s.19): 400m hekkies – 54.61 sek. (824)

Meli Mazibuko (s.19): driesprong – 12,44m

Aflos, s.19 – 43.85 sek.

Van Reenen Kruger (s.14): 400m – 57.38 sek.

Luthandi Mabuza (s.14): 800m – 2:13.39 (855)

Ruben Grundlingh (s.14): 1500m – 4:44.37

Jade Swanepoel (s.14): hoogspring – 1,55m (822)

Lourens Potgieter (s.15): 200m – 23.67 sek. (827); ook 100m – 11.78 sek.

Kendrick Salmans (s.15): 800m – 2:06.39 (926)

Conrad Grobbelaar (s.15): 1500m – 4:30.33 (816)

Handré Homan (s.15): 300m hekkies – 42.53 sek.

Devon Nell (s.16): 400m – 52.73 sek.

Jaytee Boers (s.16): 800m – 2:08.73

Chyle van Zyl (s.16): gewigstoot – 13,47m; ook skyfwerp – 40,43m

Ben Strydom (s.17): 400m – 51.50 sek. (802); ook 200m – 23.19 sek.

Tertius Mentz (s.17): 800m – 1:59.25 (939); ook 1500m – 4:22.42

Mackie Ngwenya (s.17): driesprong – 12,46m (hy is nog onder 16)

Xander Kirsten (s.19): 200m – 22.77 sek.

Nicolize Aucamp (m.14): 200m – 26.65 sek. (882); ook 400m – 61.64 sek. (830)

Christine Kruger (m.15): gewigstoot – 11,53m (828)

Carli Killian (m.16): hoogspring – 1,50m (809); ook verspring – 4,85m

Kyla Labuschagné (m.15): 400m – 62.74 sek.

Tayla Kotzee (m.15): 300m hekkies – 49.33 sek.

Thembi Cossa (m.17): 800m – 2:25.05

Jessica Berry (m.17): 3000m – 10:55.80 (sy is nog onder 16)

Marné van Aarde (m.17): spiesgooi – 35,84m; ook gewigstoot – 11,51m 

Nerina Visser (m.19): 100m hekkies – 16.00 sek.

 

Baie sterkte aan die groot groep atlete wat Saterdag op Secunda gaan poog om in die provinsiale spanne (Mpumalanga) vir die komende SA Skole- en  ASA-kampioenskappe opgeneem te word.