NHS se 'atletiek-tweeling' maak weer amok, in Pretoria!

NHS se ‘atletiek-tweeling’ maak weer amok, in Pretoria!

January 28, 2019
|

Die erge stormweer wat Vrydag 25 Januarie laataand vanaf Gauteng tot in Mpumalanga getier het, het slegs die aflosse by Affies se jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms gekelder. Deur die dag en vroegaand, was skitterblink atletiek op die spyskaart – en veral Nellies se Ashley Erasmus en Shanese de Clerck (beide meisies 14), het die fynproewers met uithaler-vertonings betower. 

Die mededinging tussen Affies (seuns en meisies), Kemptonpark, Waterkloof en NHS was, soos verwag kon word, kliphard. ‘n Hele paar bekende atlete het met seisoenbeste vertonings vorendag gekom – en hier en daar het ‘n nuweling of twee, ‘n welkome toetrede tot die lys van goeie vertonings gemaak.

NHS se seuns het hierdie keer die meeste medaljes huis toe gebring, maar dit was weer die twee graad 8 – meisies, Ashley Erasmus en Shanese de Clerck, wat vir die groot hoogtepunte gesorg het.

Ashley het in haar twee gunsteling-items (gewigstoot en skyfwerp) meer as 1100 ABSA-punte verdien – werklik ‘n prysenswaardige prestasie! In die proses het sy kort mette met haar vorige Nellie-rekords gemaak: gewigstoot – 14,49m (1128 punte), was 14,18m; en skyfwerp – 36,82m (1156 punte), was 36,58m. Shanese se 1,63m (hoogspring) was ‘n volle 1046 punte werd, en sy het in die proses ook met die bekende Anje Nel van Meisies Hoër, afgereken.  Onder die seuns, het Douw Kruger (s.17) weer nie sy ondersteuners teleurgestel nie, toe hy die gewigstoot met ‘n goeie poging van 17,88m (1018 punte) ingepalm het. In ‘n titaniese tweestryd in die skyfwerp, het Douw (51,88m) net-net daarin geslaag om Affies se Tian van Zyl (51,02m) om die eerste plek te klop.

Nelspruit se medaljewenners, was soos volg (ABSA-punte bo 800 aangedui):
Eersteplekke (goud)
Ashley Erasmus (m.14): gewigstoot (14,49m, 1128); asook skyfwerp (36,82m, 1156)
Shanese de Clerck (m.14): hoogspring (1,63m, 1046)
Rhodé Nel (m.16): 100m (12.65 sek., 836)
Shana Scott (m.16): skyfwerp (33,65m)
Douw Kruger (s.17): gewigstoot (17,88m, 1018); en skyfwerp (51,88m, 916)
Handré vd Merwe (s.15): 300m hekkies (41.56 sek.)
Hannes Botha (s.15): spiesgooi (49,94m)
Andreas van Heerden (s.19): 1500m (4:24.57); asook 3000m (9:11.00)
Charles Nel (s.14): 100m hekkies (14.37 sek., 898)
Marco Capazorio (s.15): 100m hekkies (14.47 sek.)
Philip Vogel (s.15): hoogspring (1,75m, 907)
Luan Steyn (s.15): 800m (2:12.25)
Quinn van Zyl (s.16): skyfwerp (38,66m)
Jaytee Boers (s.19): 800m (2:00.91)

Tweedeplekke (silwer)
Nicci Viljoen (m.16): 200m (27.38 sek.); ook 400m hekkies (68.00 sek.)
Tayla Kotzee (m.17): 400m hekkies (73.06 sek.)
Jessica Berry (m.19): 1500m (5:09.19)
Anri Spruyt (m.14): 400m (65.69 sek.)
Shanese de Clerck (m.14): verspring (5,00m, 908)
Anja Venter (m.14): skyfwerp (28,60m, 811)
Larise Combrink (m.15): verspring (4,98m, 854)
Shana Scott (m.16): spiesgooi (31,25m)
Dané Bruwer (m.19): skyfwerp (29,19m)
Inge Meyer (m.17): driesprong (9,88m)
Charles Nel (s.14): 200m (25.16 sek., 821); en 300m hekkies (44.50 sek.)
Marco Capazorio (s.15): 300m hekkies (42.82 sek.)
Henko de Nysschen (s.17): 400m (50.75 sek., 848); en 400m hekkies (55.78 sek., 842)
Devon Nell (s.19): 400m hekkies (57.47 sek.)
Ruan Pretorius (s.14): hoogspring (1,65m, 910)
Luan Steyn (s.15): 1500m (4:44.41)
Matthys Wessels (s.19): 1500m (4:25.75); ook 3000m (9:53.37)
Douw Kruger (s.17): spiesgooi (56,37m)

Derdeplekke (brons)
Lané Taljaard (m.16): hoogspring (1,50m, 809)
Ashley Erasmus (m.14): spiesgooi (27,20m)
Lalli Grobler (m.15): 300m hekkies (49.40 sek.); ook 400m (65.22 sek.)
Shanese de Clerck (m.14): 100m (13.30 sek.)
Chantel Olivier (m.17): hoogspring (1,40m)
Benadea Lubbe (m.14): gewigstoot (10,59m)
Suzaan Nel (m.17): 100m (13.40 sek.)
Karien Goosen (m.15): verspring (4,80m, 804)
Nicci Viljoen (m.16): 100m hekkies (16.37 sek.)
Tayla Kotzee (m.17): 100m hekkies (16.78 sek.)
Larise Combrink (m.15): 200m (27.25 sek.)
Vanessa Shabangu (m.16): skyfwerp (25,88m)
Coben Putter (s.19): skyfwerp (38,27m)
Charles Nel (s.14): 100m (12.78 sek.)
Kian Mouton (s.14): 800m (2:19.70); ook 1500m (4:44.06)
Michael Pretorius (s.17): hoogspring (1,75m)
Neil Henning (s.19): spiesgooi (50,35m)
CJ Steenkamp (s.15): 1500m (4:56.60)
Jade Swanepoel (s.16): hoogspring (1,70m)
Marvin Mthetwa (s.19): 110m hekkies (15.80 sek.)
Heini Pieters (s.19): driesprong (12.26m)
Henko de Nysschen (s.17): 200m (22.94 sek., 826)

Nog ‘n aantal vertonings wat die oog gevang het, sluit onder meer in:
Danielle Groenewald (m.14): 300m hekkies – 52.20 sek.
Luka Swanepoel (m.17): 400m hekkies – 75.60 sek.; ook hoogspring – 1,40m; asook 100m hekkies (17.60 sek.)
Zanelle Moller (m.19): 400m hekkies – 72.19 sek.
Cherise van Duyker (m.19): 400m hekkies – 73.01 sek.
Anya Venter (m.14): gewigstoot – 9,80m
Jana Engelbrecht (m.16): 100m – 13.25 sek.; ook 200m – 27.85 sek.
Nicci Viljoen (m.16): 100m – 13.30 sek.
Nicolize Aucamp (m.16): 100m – 13.37 sek.; ook 400m – 64.70 sek.; en 200m – 27.90 sek.
Kristin Berry (m.14): 1500m – 5:28.65; en 800m – 2:37.35
Zimri Leuvenink (m.15): 1500m – 5:31.20
Shana Scott (m.16): gewigstoot – 11,28m
La-Alizia Venter (m.15): gewigstoot – 10,43m
Anri Spruyt (m.14): 800m – 2:39.41
Danika Meiring (m.17): gewigstoot – 11,58m
Philip Vogel (s,15): skyfwerp – 40,44m; ook spiesgooi – 43,93m
Karl Erichsen (s.14): spiesgooi – 43,59m; ook 100m hekkies – 15.72 sek.
Nico Liversage (s.17): 400m hekkies (59.20 sek.)
Ricardo Raubenheimer (s.15): spiesgooi – 43.97m
Handré vd Merwe (s.15): 100m hekkies – 15.00 sek.; en 200m – 24.50 sek.
Lourens Potgieter (s.17): 100m – 11.30 sek.; en 200m – 23.19 sek.
Hugo Smit (s.14): hoogspring – 1,50m
Henko de Nysschen (s.17): 100m – 11.19 sek., 813
Terrence Terblanche (s.16): spiesgooi – 45,48m
Keenan Visser (s.16): 110m hekkies – 15.90 sek.