NHS se atlete maai onder die rekords by kring-byeenkoms

NHS se atlete maai onder die rekords by kring-byeenkoms

January 31, 2019
|

Die jaarlikse atletiekbyeenkoms vir skole in die Nelspruit-kring, het Dinsdag 29 Januarie vir groot opwinding gesorg. ‘n Hele handvol Nellie-rekords (beste in die skool se geskiedenis) het in die stof gebyt, en NHS se sterre het weer die maksimum-totale op die ABSA-tabel, beproef. 

Hierdie was die eerste tree vir atlete wat later die seisoen aan die SA-skolebyeenkoms (as lede van die Mpumalanga-span), asook die nasionale jeug- en juniorkampioenskappe, wil gaan deelneem.

Derhalwe is daar net drie ouderdomsgroepe vir hoërskool-atlete, nl. onder 15, 17 en 19. Dit beteken dat ‘n onder 14-atleet (bv.) onder 15 moet deelneem, en onder 16’s, saam met onder 17’s moet aantree. Rhodé Nel (m.17, al is sy vanjaar m.16) het ‘n 30-jaar oue huishoudelike rekord in die slag laat bly, toe sy die 200m in ‘n uitstekende 25.56 sek. (835 ABSA-punte) genael het – en daarmee het sy C.Smith se 1989-tyd van 26.2 sek., uit die rekordboeke verwyder.

Lowveld High se SA-atleet, Nolwazi Mashaba, het met twee skitterende vertonings gewys dat sy gewis ook vanjaar, medalje-materiaal by die komende SA’s is. Sy het in verspring (5,72m) en driesprong (12,20m) onteenseglik gewys dat sy groot planne vir die latere byeenkomste het.

Nog Nellie-rekords wat verbeter is, is die volgende:
Berna Kok (m.15): Sy moes aan die 3000m vir m.17 deelneem, maar haar wentyd van 11:20.72 verbeter Angelique Nel se rekord vir m.15 (was 11:22.20)
Ahley Erasmus (m.14): Verbeter Christine Kruger se rekord vir gewigstoot m.15, van 12,56m na 13,82m (1054 punte)
Andreas van Heerden (s.19): Eerste Nellie wat aan die 5000m deelneem. Sy tyd van 16:45.35 is dan die nuwe rekord vir dié afstand.
Jaytee Boers se pragtige wentyd van 1:58.91 in die 800m (s.19) sal sekerlik nog lank onthou word!

So ook die talle ander prestasies (benewens dit wat reeds genoem is), waaronder die volgende (ABSA-punte bo 800 aangedui):
Ashley Erasmus (m.15): skyfwerp – 36,51m (1005)
Douw Kruger (s.17): gewigstoot – 18,24m (1049) *persoonlike beste; ook skyfwerp – 49,95m (873)
Shanese de Clerck (m.15): hoogspring – 1,55m (905); ook verspring – 5,00m (859)
Philip Vogel (s.15): hoogspring 1,70m (864)
Rhodé Nel (m.17): 100m – 12.35 sek. (846); ook 400m – 60.87 sek.
Larise Combrink (m.15): verspring – 4,91m (834); ook 100m – 13.04 sek. (806)
Wiehan Henning (s.17): driesprong – 11,78m (824)
Ricardo Raubenheimer (s.15): hoogspring – 1,65m (823)
Henko de Nysschen (s.17): 200m – 23.09 sek. (816); ook 400m – 51.94 sek.
Carla Schultz (m.15): hoogspring – 1,45m (812)
Tagan Louw (m.15): hoogspring – 1,45m (812)
Lané Taljaard (m.17): hoogspring – 1,50m
Benadea Lubbe (m.15): gewigstoot – 10,85m
Shana Scott (m.17): gewigstoot – 11,64m; ook skyfwerp – 31,23m
Hannes Botha (s.15): spiesgooi – 50,89m
Frederick Nel (s.17): gewigstoot – 14,20m
Ruan Pretorius (s.15): hoogspring – 1,60m
Handré vd Merwe (s.15): 200m – 24.47 sek.
Lourens Potgieter (s.17): 100m – 11.41 sek.; ook 200m – 23.66 sek.
Xolani Mzibuko (s.19); 100m – 11.31 sek.
Jana Engelbrecht (m.17): 100m – 12.97 sek.
Inge Meyer (m.17): verspring – 4,80m; ook driesprong – 10,34m
Lize Oosthuizen (m.15): spiesgooi – 30,78m
Kristin Berry (m.15): 1500m – 5:26.43
Simphiwe Ngwenya (m.15): spiesgooi – 30,66m
Sylvia Barnard (m.15): spiesgooi – 28,49m
Therese Seyffert (m.15): 1500m – 5:28.53
Zimri Leuvenink (m.15): 1500m – 5:28.94
Marco Capazorio (s.15): 200m – 24.75 sek.
Andreas van Heerden (s.19): 1500m – 4:15.78
Coben Putter (s.17): skyfwerp – 40,84m
Andreas Fouché (s.15): skyfwerp – 38,89m
Stefan Otto (s.15): skyfwerp – 37,84m