NHS reik uit na Kiaat Ridge Kleuterskool

NHS reik uit na Kiaat Ridge Kleuterskool

March 26, 2019
|

Me. Nicolette Pruis (maatskaplike werker) en me. Hannelize Coetzee (sielkundige) het op 8 Maart die Kiaat Ridge Kleuterskool besoek. Die doel van die uitreik was om die graad R-leerders met skoolgereedheid vir 2020 te help, Juffrou Margie Brooks se twintig graad r’e het die verandering van die daaglikse roetine verwelkom en was uiteraard baie opgewonde. “Dit is ‘n pragtige kleuterskool waar die kinders baie mooi versorg word met die nodige kundigheid en liefde,” sê me. Coetzee.
Hierdie is nog een van Hoërskool Nelspruit se omgee-inisiatiewe wat poog om ‘n verskil te maak in die Laeveldgemeenskap.