NHS presteer by plaaslike Mozzieweek

NHS presteer by plaaslike Mozzieweek

July 31, 2017
|

Die jaarlikse Mozzieweek-kriekettoernooi wat tuis aangebied word het in die vakansie van 19-22 Julie plaasgevind. NHS het al vier wedstryde teen Garsfontein, Wynberg, Potch Gim en Menlopark (T20) gewen. Tristen Parnell teken 117 nie uit nie en Niel Henning vat vyf paaltjies – beide teen Potch Gim. Baie dankie aan al die borge wat die toernooi moontlik gemaak het.

Foto’s: Handré Homann & ander