NHS-padfietsryers verteenwoordig SA in Europa

NHS-padfietsryers verteenwoordig SA in Europa

June 29, 2017
|

Twee Nellie-padfietsryers gaan gedurende die vakansie Cycling South Africa verteenwoordig tydens die Junior Road Tour in Europa.

Ruben Helberg en Sias Joubert ry albei vir Team Infinita en word afgerig deur Bosseau Boshoff. Van hul ander spanmaats gaan Suid-Afrika saam met hulle verteenwoordig.

Die toer sluit in die Dilkkebus op 5 Julie, Desselgem op 8 Julie, Menen op 11 Julie, Dentergem op 15 Julie, Boekhoute op 16 Julie, Opwijk op 19 Julie, Hooglede op 21 Julie en die Izegem op 24 Julie wat alles in Belgieë gery word. Hulle ry dan ook die GP Paton in Luxembourg wat bekend is as die Junior UCI Nations’ Cup.

Ruben se mees onlangse resies was die Tour de Durban waarin hy die junior kategorie gewen het. Hy is op die oomblik gesamentlik tweede gekeur in Suid-Afrika in sy kategorie.

Sias se mees onlangse resies is die KZN Super Series waarhin hy derde plek behaal het. Hy is op die oomblik vierde gekeur in Suid-Afrika.

Hoërskool Nelspruit wens vir Ruben en Sias baie geluk met die prestasie om Suid-Afrika te verteenwoordig en alle voorspoed tydens die wedrenne.