NHS onderwysers vier 2018 vakprestasies

NHS onderwysers vier 2018 vakprestasies

April 10, 2019
|

Hoërskool Nelspruit is onlangs by die onderwysdepartement se jaarlikse Ehlanzeni-distrikprysuitdeling vir top akademiese matriekprestasies in die distrik vir 2018 vereer. Die skool is as die toppresterende skool in die Ehlanzeni-distrik en provinsie aangewys. Die sukses kan toegeskryf word aan die toewyding en harde werk van die NHS personeel.

Die volgende onderwysers het toekennings ontvang op grond van verlede jaar se matriekuitslae in die Ehlanzeni-distrik:
Rekeningkunde: Mnr Ferdi van Wijk
Inligtingstegnologie: Me Benda Matthey
Afrikaans Huistaal: Me Retha Smit, me Magda van der Merwe, me Andri Nel
English FAL: Me Lucille Meyer, me Catherine van Wyk, me Renèe Adendorff
Ingenieursgrafika en ontwerp: Mnr Kobus Hartman, mnr Morné van der Merwe
Geografie: Me Alma Snyman
Gasvryheidstudies: Me Erna Janse van Rensburg
RTT: Me Elsa Harley
Lewensoriëntering: Mnr Sybrand Viviers
Lewenswetenskappe: Me Linda Spasimante, me Alta Winterbach
Wiskunde Geletterdheid: Me Gerda Dreyer
Wiskunde: Me Esme Rautenbach, me Bernize du Toit
Fisiese Wetenskappe: Mnr Wouter de Vos, mnr Willie van der Merwe
Toerisme: Me Zelda Verster

Die prestasies het ook nie ongesiens verby gegaan nie. Die onderwysers is vereer en die sukses is gevier tydens ‘n heerlike Meksikaanse fees by Salsa. Mnr. Johan Hattingh (hoof) het die personeel bedank vir al die ekstra moeite en opofferings wat bygedra het tot die uitnemende prestasies.