NHS ondersteun Kansa

NHS ondersteun Kansa

November 13, 2016
|

Nellies se Cansa-debutantes

dsc_1570

 Marinda Potgieter, Karina Oosthuizen, mev. Magda van der Merwe, Laura Mcdonald, Ly-mari Marais (afwesig Melissa Claassen en Jaco Rossouw)

Hoërskool Nelspruit het vanjaar op die jaarlikse Cansa Debutante bal hul regmatige plek tussen die vyf deelemende skole, Bergvlam, Lowveld high, Penryn en Uplands volgestaan.  Ses van die die ses en twintig  debutante en ambassadeurs wat vanjaar daarin kon slaag om elk meer as die verwagte minimum van R2 500 vir Cansa in te samel,  is van NHS.

 

Ly-mari Marais in graad 12 het die toekenning vir die beste dienslewering in die Laeveldstreek ontvang.  Sy het besluit om haar graad 12 jaar ‘n besonderse een te maak en het meer as sestig ure aan hulp vir Cansa projekte bestee.  Sy was self ‘n keer of wat in die Toktokkie-pak!   Karina Oosthuizen (gr. 11) het die meeste geld in NHS ingesamel en  sy, Jaco Rossouw (gr.11), en Melissa Claassen in graad 12 het vir die tweede opeenvolgende jaar hulle deel vir hierdie projek gedoen.  Laura Mcdonald (gr.10)  en Marinda Potgieter (gr.12) het hulle plek vir die eerste jaar suksesvol volgestaan.  Die organiseerder van die projek in NHS, mev. Magda van der Merwe, sê:  “Baie dankie aan almal wat hierdie leerders ondersteun het.  Hulle het net weereens bewys dat NHS kan spog met onbaatsugtige en besonderse kinders wie se harte oopstaan vir mense wat die stryd teen kanker stry.”  

dsc_1604

Mev. Magda van der Merwe, Ly-mari Marais en Jacqueline Weideman van Cansa – beste diensleweringtoekenning

 

 

NELLIES SKENK HARE VIR CANSA

cansa

Foto:  Melissa Claassen, Janné Oberholzer en Ly-mari Marais

Twee Cansa debutante van Hoërskool Nelspruit het besluit om hul matriekjaar op ‘n hoë noot af te sluit deur hul lang hare af te sny en te skenk vir Cansa om pruike daarvan te maak.

 

Melissa Claasen en Ly-mari Marais het ook ‘n mede graad 12 leerder, Janné Oberholzer, motiveer om ook haar 25cm ponie te skenk vir hierdie goeie saak. Janné het dit gedoen omdat van haar familie ook al kanker gekry het en sy graag so haar ondersteuning wou betoon. Ly-mari en Melissa het hul besluit om hul 30cm ponies te skenk en vertel dat hulle graag iemand wat swaarkry op ‘n tasbare wyse wou seën. Dit is Melissa se tweede jaar as suksesvolle debutant en Ly-mari het haar debutantjaar afgesluit deur die toekenning vir die beste dienslewering in die Laeveldstreek by die jaarlikse Cansa bal te ontvang. 

 

Mev. Jacqueline Weideman van Cansa sê hare wat 25cm en langer is, kan geskenk word by die Cansa kantoor (013 7415442) waarna dit na hul hoofkantoor gestuur word, waar dit gebruik word om pruike te maak.  Tweedehandse en nuwe pruike is by die plaaslike Cansa kantoor beskikbaar.